- deur Pierre Engelbrecht
Opsomming van die Jeug & Kerk navorsing
Hier is 'n opsomming van die data vir ons Jeug & Kerk navorsing:
75 % van die respondente dui aan dat hulle aktief is in ‘n plaaslike gemeente.
4,38 uit 10 sien die kerk as belangrik vir Christene.
6,96 uit 10 sien die kerk as belangrik vir hulself.
36 % van die respondente praat een keer per maand met hulle vriende oor die kerk.
40 % beskou kerkbesoek as belangrik in hulle huisgesin.
39 % voel die kerk verstaan hulle wêreld.
33,8% beleef neutrale emosies as hulle hoor hulle gaan kerk toe.
26 % voel die boodskap van die kerk is relevant.
37 % voel die Bybel is verskriklik belangrik in hulle lewens.
Laai die volledige verslag af hier.