Watter beer voed jy?
top of page

Watter beer voed jy?


’n Jong seun het eendag vir sy pa gevra hoe hy dit kan regkry om altyd positief oor die lewe te wees. Sy pa het lank daaroor nagedink en toe gesê: In elkeen van ons sê gedagtewêreld is daar twee bere. Daar is ‘n vriendelike, goedhartige en goeie beer sowel as ’n wraaksugtige, aanvallende en slegte beer. Hierdie twee baklei die hele tyd met mekaar. Soms is die een sterker as die ander een en ander kere andersom. Die beer wat ons die meeste voed, is die een wat die meeste van die tyd oorwin. Die ander een … sal mettertyd van honger doodgaan.”

Nie een van ons is altyd net positief nie. Net so is dit soms verstommend om te sien hoe iemand wat baie swaar kry, met ’n positiewe gees deur die lewe gaan. Duidelik is daar waarheid in John Milton se woorde wanneer sê: Ons denke kan van die hemel hel maak of van die hel, hemel.

Watter gedagtes voed jy?: Die soort denke wat die die hele tyd angstig is, bekommerd bly en negatief is of dié gedagtes wat vrede, liefde, tevredenheid en dankbaarheid dink?

Bid elke dag dat die Gees van waarheid jou meer en meer met Hom sal vul en jou sal help om op sy positiewe krag in jou gefokus te bly.

Here, voed heeldag my gedagtes met u waarheid asseblief.


bottom of page