Ons lywe is nie op skou nie
top of page

Ons lywe is nie op skou nie


“Hy doen alweer sy “bodybuilder-strut” merk iemand op terwyl ons by ’n koffiewinkel sit en koffie drink. “Hy doen wat?” vra ek verbaas toe ek ook die liggaamsbouer opmerk met sy piepklein onderhemp, kortbroekie en uitpeul spiere wat voor die koffiewinkel verbyloop. “Party liggaamsbouers loop hier deur die winkelsentrum om hulle opgepompte spiere ten toon te stel nadat hulle in die ‘gym’ was,” sê hy. Toe wys iemand anders wat ook saamkuier vir ons ’n Instagram profiel van iemand wat gereeld foots en videos van haar ‘gym-lyf’ hierop plaas met Bybelversies en prekies onderaan. “Wat sien jy raak?” vra hy. “Wel, verseker nie die Bybelversies nie,” antwoord iemand anders dadelik. “Daardie meisie se lyf staan in die pad van al die tekste!” Die terapeut tussen ons vertel toe vir ons dat narsissisme goeie vermommings kry wanneer dit gedurig met sulke Bybelverse oordek word. Dan kan jy jou lyf na willekeur ten toon stel en jou “hang-ups” met ’n godsdienstige sousie bedek. Toe dink ek ekself word nou oud. Want ek sukkel ook om die evangelie helder te hoor as mense se lywe harder praat. Ons liggame is die Here se tempels wat ons mooi moet oppas. Dit is egter nie skoustukke nie.


bottom of page