God het my lief [resensie]
top of page

God het my lief [resensie]


Albei dié Bybelstorieboeke gebruik die beginsel van: lig-en-loer-deurtjies wat jou meer van dankbaarheid leer. ‘n Interessante konsep wat daaruit bestaan dat elke twee bladsye ‘n deurtjie het wat oopgemaak kan worden ‘n gebed bevat wat verband hou met die kort volkleurstorie wat op dié bladsye voorkom.

So is daar’n bespreking van die skeppingsdae: God het die wêreld, ligte en diere gemaak. Die deurtjies vra jou vrae of stel voor waarvoor jy vir die Here wil dankie sê.

So is daar ook die lessie: God ken my naam. Hy roep jou steeds, nes Hy Samuel geroep het. Samuel gaan maak vir Eli drie keer wakker omdat hy dink die oom roep hom. Die derde keer sê Eli vir Samuel hy moet antwoord: Here, u dienskneg luister. En so leer Samuel die Here se stem ken. Die deurtjie sê: Here, dankie dat U my naam ken. En dan vra dit: wat dink jy weet die Here nog van jou waarvan Hy baie hou? Jy kan ook daarvoor vir Hom dankie sê!

Kleingoed gaan hierdie boeke baie geniet, en elke keer weer terugkom. En die waarhede wat dit oordra gaan lewensbeginsels vir hulle word.

Bederf jou kinders en kleinkinders, skakel die televisie en rekenaarspeletjies af en gesels met hulle oor wat saak maak: dat julle as gesin aan die Here behoort en vir Hom kosbaar is!

Die belegging gaan lewenslank dividende dra!


bottom of page