Om ánders te voel moet jy anders dink
top of page

Om ánders te voel moet jy anders dink


… Laat God julle van binne af nuutmaak. Laat Hy julle manier van dink verander sodat julle kan weet wat Hy van julle verwag. Romeine 12:2b

‘n Katjiepiering het die vermoë om ’n hele vertrek met sy soet geur te vul. Die reuk van ’n vuil asdrom ook! Ons kan slegs die heerlike soet reuk of dan nou die goor reuk van vullis uit ’n vertrek kry, deur die bron van die reuk te verwyder.

Ons gedagtes is die bron van ons emosies. Die manier hoe ons dink kan óf positiewe óf negatiewe en swartgallige emosies bepaal. As ons dus ons gevoelens wil verander, moet ons ons denke verander. Ek is seker jy het al agtergekom hoe jy sommer áf voel wanneer jy dink dat die ergste kan gebeur, jy nie goed genoeg is nie, dinge verkeerd loop loop en mense nie van jou hou nie. Net so is ons mos in ’n totaal ander gemoedstemming wanneer ons positief oor onsself, ander en die lewe dink. Dis mos dan asof ons hart lig voel, ons rustiger is en ons spontaan die lewe geniet. As ons dus anders wil vóéel, moet ons toelaat dat die Gees ons anders laat dínk. Wanneer Hy ons gedagtewêreld vol maak, versprei sy geur na ons emosies en na die manier hoe ons leef,

Jy kan kies hoe jy vandag gaan voel. As die Bron-van-vreugde jou denke vorm, sal jy dit regkry om hierdie dag met ‘n positiewe gees te omhels.

Here, sal U my asseblief met die régte gedagtes vul?


bottom of page