Leier Nuusbrief Junie 2018 Deel 2
top of page

Leier Nuusbrief Junie 2018 Deel 2


Hoor God in die stilte

Rekenaarwetenskaplikes het onlangs nuwe tegnieke gebruik om ‘n teks wat 1500 jaar oud is – die sogenaamde Ein Gedi rol – te lees. Omdat die rol erg verbrand was, was argeoloë te bang om dit oop te maak. Hulle was bang die rol sal verkrummel. Die wetenskaplikes het X-straal skandering en spesiale sagteware gebruik om die rol digitaal te lees. Hulle lees die eerste vers van Levitikus: “Die Here het Moses geroep en met hom gepraat.”

In Levitikus lees ons God se wet en sy opdragte aan Israel. Die doel hiervan was dat God se mense in ‘n verhouding met Hom kan wees en aan Hom die nodige respek betoon. Die gevolge van dit nie te doen nie, was ernstig. Dit het in Levitikus 10:1 – 7 gebeur. Aäron se seuns Nadab en Abihu het ongeoorloofde vuur vir die Here aangebied. Onmiddellik het ‘n vuur wat van die Here afgekom hulle verteer.

Kritiese leierskapveldslae

Daar is oomblikke in jou lewe wat ‘n onuitwisbare indruk maak. Dit is oomblikke soos hierdie wat jouself definieer. Hier is ‘n paar kritiese leierskapveldslae;

1. Mense vs Prosesse

Prosesse is net so goed as die mense wat dit implementeer. Fokus dus eerste op die mense, Terwyl jy daarmee besig is, maak seker dat hulle die konteks en doel van die prosesse verstaan.

2. Filter vs afdruk

Goeie leiers besef dat hulle as kontekstuele filters vir hulle spanlede moet dien. In moeilike en spanningsvolle tye, kan hierdie boodskappe wat van bo af kom hard wees. Dit is iets wat leiers behoort te hanteer. Dikwels word hierdie boodskappe net “afgedruk” na spanlede..

3. Vertroue vs vrees

Deur te lei deur vrees by jou spanlede in te boesem, mag op die korttermyn funksioneer, maar dit werk nie oor die langtermyn nie. Om vertroue te bou is ‘n beter benadering alhoewel dit meer tyd benodig, om vertroue te wen.. Daarom word vrees steeds gebruik al weet ons ons behoort dit nie te gebruik nie.

4. Nederigheid vs Ego

Dit gaan oor die span en nie oor jou nie. Gee krediet aan die span en blameer jouself as dinge skeef loop.

5. Wil om te slaag vs hoop om te slaag

Dit gaan oor die toon en woorde wat jy gebruik om jou span aan te moedig. Een van die grootste verskille wat jy kan maak, is hoe jy praat oor die uitdagings voor jou. Hoop jy om te slaag? Of projekteer jy ‘n vasberadenheid wat wys dat jy alles in jou vermoë gaan doen om te slaag. Soos Sun Tzu lank gelede in die Art of War, gesê het: “An army destined for defeat fights in the hope of winning“.

6. Empatie vs afsydigheid

In die verlede is dit geglo dat dit sleg is vir ‘n leier om te betrokke by sy spanlede en hulle welstand te wees. Daardie siening is nou verby. Ons moet verstaan wat in hulle harte en gedagtes aangaan,. So kan ons beter prestasieprobleme hanteer. Ons kan ook beter vaardighede by persoonlikheid aanpas.

7. Groot prentjie vs verlore in besonderhede.

‘n Leier moet elke dag van die dag-tot-dag besonderhede weg tree en weer na die groot prentjie kyk en elke spanlid se bydrae in die konteks van die groter prentjie plaas en sy bydrae tot die sukses van die projek beklemtoon. Spanlede moet verstaan dat wat hulle doen belangrik is. As hulle hulle bydrae verstaan sal hulle makliker eienaarskap vir hulle taak aanvaar en hoe hulle die taak verrig. Dit verander die gesindheid en energie van die hele span.

8. Ons vs hulle

Oormatige gebruik van ek en ons bou ‘n muur tussen mense. Hierdie muur is moeilik om af te breek. As jy wil hê dat mense in gelid moet stap, moet jy meer dikwels “ons” gebruik.

9. Betrokkenheid vs die Ivoortoring

Dit is maklik om die hele dag agter ‘n lessenaar te sit. Daar hanteer jy oproepe en e-posse. Moenie dat die ivoortoring jou gevange hou nie. Gaan uit en raak betrokke by jou spanlede. Rol op jou moue. As jy daardie lewensbelangrike kontak verloor met wat daar buite aangaan, word jou vermoë om goeie besluite te neem negatief beïnvloed.

Wat onderdanigheid in die huwelik nie is nie

Ons kan baie leer uit 1 Petrus 3:1-6. Daar is ses dinge wat onderdanigheid nie is nie.

1. Onderdanigheid beteken nie ek stem met alles saam nie.

Die man in hierdie gedeelte is ‘n ongelowige. Die vrou is ‘n gelowige. Jesus is nou haar Here en Koning. Die man behoort aan ‘n ander god. Goeie leierskap sê dikwels. “Jy is reg. ek is verkeerd.”

As die man sou sê: ‘Jy mag nie ‘n Christen wees nie,” wat moet sy sê? Ek het jou lief. Ek wil onderdanig aan jou wees. Maar op hierdie punt het ek geen keuse nie. Ek behoort aan Jesus” Hy mag haar wegstuur. Dit gebeur in 1 Korintiërs 7. Dit is ‘n tragedie.

Onderdanigheid beteken nie dat jy met al jou man se menings moet saamstem nie, selfs nie met iets so fundamenteel soos die Christelike godsdiens nie. God het jou met ‘n verstand gemaak. Jy moet dink. Jy is in staat om te besluit of die evangelie waar is. En as die evangelie waar is, glo dit.

2. Onderdanigheid beteken nie dat jy jou brein by die altaar gelos het nie.

Enige man wat sê: “In hierdie familie doen ek die dinkwerk,” is siek en het ‘n siek siening van sy gesag. Mans gebruik soms die woord “gesag of leierskap of onderdanigheid” los van die Bybel. Hy vul dan hierdie woorde met dinge wat hy wil hê.

Dwarsdeur die huwelik het die man met ‘n onafhanklike breinsentrum te doen wat gedagtes het wat die moeite werd is om te hoor. Leierskap beteken nie dat jy nie luister nie. Leierskap beteken ook nie dat jy altyd die laaste woord te sê het nie. Leierskap gaan oor inisiatief waaronder die vrou floreer.

3. Onderdanigheid beteken nie dat jy nie jou man probeer beïnvloed nie.

Onderdanigheid beteken nie dat jy nie jou man probeer beïnvloed of verander nie. Hierdie vrou is aan haar man toegewy en probeer hom van ‘n ongelowige na ‘n gelowige verander Jy sou nie ‘n liefdevolle persoon gewees het as jy hom nie probeer verander het nie.

4. Onderdanigheid beteken nie dat jy die wil van jou man voor die wil van God plaas nie.

Onderdanigheid beteken nie dat jy in vrees lewe nie. Christus is nou haar Here. Vir Christus se wil, sal sy onderdanig aan haar man wees, maar hy is nie haar Here nie. As sy moet kies tussen die twee kies sy vir Jesus. Sy sê dit met ‘n gesindheid van ek kan nie jou leierskap hier volg nie.

5. Onderdanigheid beteken nie dat jy al jou geestelike krag van jou man kry nie.

In hierdie gedeelte kry die vrou geen geestelike krag van die man nie, en tog het sy baie geestelike krag. God is haar hoop. Sy kry haar krag en wêreldsiening by Hom.

6. Onderdanigheid beteken nie dat die vrou in vrees lewe en optree nie.

Die Godvresende vrou is vreesloos.

I believe that men are called to a unique kind of leadership in marriage. I believe that women are called to a unique kind of submission in marriage. And I think it’s a beautiful thing — the way those two roles complement and serve one another. If we probe the depths and keep digging into the Scriptures, even though they’re written in another time, they will shape a marriage today into a beautiful thing. (John Piper)


bottom of page