Die krag van die vroueketting
top of page

Die krag van die vroueketting


Dis toe dat Rut vir haar (Naomi) sê: “Moenie my vra om om te draai en Ma alleen te los nie, ek sal dit nie doen nie. Ek gaan saam met Ma, waar Ma ook al heen gaan. Daar waar Ma besluit om te bly, daar sal ek saam met Ma bly ... Rut 1:16a

Vroue het mekaar so nodig. Ten spyte van ‘n gelukkige huwelik, wonderlike kinders en ‘n vervullende lewe, het vroue mekaar se begrip, liefde, lojaliteit, goedgesindheid … en gebede nodig.

Rut vertel die verhaal van ‘n familie waarin die dood van die mans in die familie die vroue in ‘n krisis gedompel het en hoe God by hierdie mense se lewens betrokke raak en hul omstandighede verander. En dan natuurlik gee die Rut-en-Naomi-verhaal so ‘n mooi skets van die wonderlike manier hoe vroue mekaar kan bystaan. Hoe hulle mekaar se lewens kan verryk, mekaar kan optel en weer saam kan leer om te lewe.

As jy die liefdevolle goedheid en absolute lojaliteit van ander vriendinne kan geniet, is jy waarskynlik ook self ‘n wonderlike vriendin. En dan weet jy dat die beste manier om vriendinne te hê is om self een te wees.

Mag ons as vroue mekaar met goeie gedagtes, ‘n rein gemoed, opregte omgee, onvoorwaardelike liefde en veral ons gebede seën. Want vroue het mekaar so nodig!

Here, dankie vir die gawe van vriendskappe. Leer my hoe om dit soos ‘n kosbare kleinnood in my hart te koester en op te pas.


bottom of page