Wantroue is nie verpligtend nie
top of page

Wantroue is nie verpligtend nie


Ons samelewing is deurtrek met wantroue. Almal is agterdogtig teenoor almal. Misdaad, korrupsie, die politiek… Dit alles maak mense net nog meer agterdogtig teenoor mekaar. Party mense beroep hulle selfs op Jeremia 17:5 of op Psalm 146 wat sê ons moenie op mense vertrou nie. Wag! Wanneer die Bybel sê ons moenie op prinse vertrou nie, dan het dit niks te make met hierdie wantroue wat tans soos ’n veldbrand regdeur ons land versprei nie. Bybelse uitsprake dat ons nie ons hoop op die magtiges en die sterkes moet plaas nie, word altyd in reddingskontekste gebruik. In sulke situasies kan net God help. Hy alleen red mense van die dood en van vernietiging. Sulke uitsprake in die Bybel wil ’n misplaaste vertroue in die krag en vermoëns van mense aanspreek. Die Bybel verbied ons om indiwidue as messiaanse figure te beskou. Net God is ons Redder, geen mens nie! Maar dit beteken nie ons moet of mense links en regs wantrou nie. Vertroue is een van die boustene van naasteliefde. God se liefde is geskoei ‘n openheid jeens mense, en met name ook diegene wat anders is as onsself. Christus se liefde maak dat ons die beste van mekaar glo, hoop en verwag.


bottom of page