Die Bybel laat ons warm, nie koud nie!
top of page

Die Bybel laat ons warm, nie koud nie!


Op daardie Sondag toe Jesus uit die dood opgestaan het, het Hy saam met twee mense na ’n dorpie genaamd Emmaus gestap. So vertel Lukas 24:13-35. Nadat Jesus later saam met hulle geëet en toe verdwyn het, sê hierdie reisigers oorbluf vir mekaar: “Het ons harte nie aan die brand geraak toe Hy op die pad met ons gepraat het en vir ons die Skrif oopgemaak het nie.” Jesus laat die Bybel brand op die regte maniere. Hy maak die Skrif oop. Tog verkies baie mense om dit sommer self te doen. Hulle vat het die Bybel uit sy hande. Daarom laat die Bybel so baie mense koud. Hulle weet watter tekste werk vir hulleself en watter hoort in die museum vir uitgediende tekste. Hulle is slimmer as die Bybel. Hulle maak dit oop wanneer dit hulleself pas en vat net daaruit wat vir hulle sin maak. Hoe anders sal dinge nie wees as Jesus weer die Skrif vir ons almal begin uitlê nie. Dan sal die hemelse vuur ons weer skoon en lewend brand! Dan sal ons saam met die reisigers van Emmaus vanuit die Bybel leef. Dan is dit nie meer ’n “go-to” Boek net wanneer dit ons pas nie.


bottom of page