Is jy ’n kampioen Kommerkous?
top of page

Is jy ’n kampioen Kommerkous?


Wie die Here liefhet, voel veilig. Selfs sy eie kinders word beskerm. Die Here se liefde is soos ’n borrelende fontein. Dit maak van jou ’n sprankelende mens. Dit beskerm jou teen angs en spanning. Spreuke 14: 26-27

Die lewe is soos ’n rivier. Soms vloei hy rustig tussen die mooiste wilgerbome deur en sus hy ons met die vredevolle klanke van sy kabbeling. Ander kere storm hy teen afgronde af en en voel dit of ons beheer in die onstuimige stroomversnellings verloor. Die geheim van die lewe is om al die fases van ons rivierlewens met rustigheid en vrede te leef omdat ons weet dat die Bron-van-lewe saam met swem.

Liewe vriendin, as jy jouself dus betrap dat jy bekommerd, bid vir vrede. As jy ervaar dat spanning jou onderkry, bid vir perspektief en ’n rustige gemoed. Wanneer vreugde in jou lewe inspoel, bid uit dankbaarheid. As sukses behaal, bid vir nederigheid. En wanneer jy agterkom dat jy negatief voel, bid dat die Gees weer beheer van jou denke sal neem. En onthou: Goddeloses leef en sterf sonder hoop. Gelowiges is tot die dood toe veilig in die Here. Spreuke 14:32

Die lewe is te kort en te kosbaar vir heeltyd-se-kommer. En God is goed en genadig. Daarom kan ons onder alle omstandighede rustig in sy arms inval in die wete dat Hy – die God van ons lewensrivier – saam met ons deur die stroom beweeg.

Waarom sal ek my lewe weggooi deur heeltyd/die hele tyd te bekommer, Here. U is mos by my!


bottom of page