Dringendheid gee sperdatums aan geloof
top of page

Dringendheid gee sperdatums aan geloof


Dringendheid of “urgency” is ‘n belangrike karakter-eienskap in elke persoon se lewe wat die wêreld in God se rigting verskuif. Talente en geloof is ook nodig hiervoor. Maar dit is dringendheid wat aan mense se drome en geloof sperdatums gee. Geloof is die brandstof, maar dringendheid gaan oor hoeveel dit op hierdie einste oomblik saak maak. Dringendheid is die diep wete in jou binneste dat jy ook geroep is om met jou een en enigste lewe die wêreld andersom te laat draai. Daar’s regtig nie tyd oor om te mors nie. Môre is nie maar net nog ’n dag nie. Vandag is dié dag om aan die Here se wil gestalte te gee. Vandag is God se dag wat propvol nuwe geleenthede is. Dringendheid is om vandag reeds oorweldig te wees deur die teenwoordigheid van God. Dit is om hier en nou sy ontferming te beleef vir ’n wêreld wat stukkend is en vir mense wat weggeloop het uit sy hemelse huis. Dringendheid is ook om voor sonsaktyd iets daadwerklik hieraan te doen. Dringendheid laat jou nie uitstel tot môre as dit vandag binne jou vermoë is om goed te doen aan iemand anders nie.


bottom of page