Leier Nuusbrief Mei 2018 Deel 1
top of page

Leier Nuusbrief Mei 2018 Deel 1


Die nederige leier

Leierskap maak jou nederig. As dit nie meer die geval is nie, is leierskap gevaarlik. Leierskap is noodsaaklik in die lewe, die kerk, bedienings en in besigheid.

Leadership is often very humbling, and leadership is most dangerous when it ceases to be. (Eric Geiger). Dit hou jou nederig, want dit is uitdagend. Die besigheid van die lewe om ons verduister die visie wat die leier artikuleer. Planne verloop selde soos hulle neergeskryf is. Die daaglikse las om na ander om te sien, is moeilik.

Leierskap is op sy gevaarlikste as dit jou nie meer nederig hou nie. Dit gebeur as die leier sukses behaal. As ‘n leier vooruitgaan, as die Here hom suksesvol maak en as dinge beter is as wat beplan is, kan die leier baie maklik trots word. Trots gaan altyd die val vooraf.

Dawid. Israel se tweede koning, het nederig met die Here geloop. Hy lei met ‘n rein hart en vaardige hande en God gee aan hom sukses. Maar Dawid het trots geword en sy hart verlei hom. Toe Dawid vra wie die beeldskone vrou was wat hy van sy paleis se dak gesien het en wie hy begeer het, selfs meer as sy eie integriteit, ontdek hy dat sy getroud was. Ten spyte daarvan stuur hy vir haar. Dawid was koning en ‘n koning kon kry wat hy wou hê (2 Samuel 11). Vroeër in sy lewe het Dawid nederig vir God gevra om hom in die skadu van sy vlerke te bewaar. Hy was dankbaar dat God vir hom ‘n grot as blyplek voorsien het (Psalm 57). Maar op die dak van sy paleis vertrou hy homself eerder as God. As Dawid voor God swak was, was hy eintlik sterk Maar as hy sterk gevoel het, was hy eintlik swak. Toe hy trots was, loop hy na sy ondergang.

Ons almal sukkel met trots, maar dit pla veral vir leiers. Leiers het die gesag om besluite te neem; hulle kan ander beïnvloed. C. S. Lewis noem trots die groot sonde. Dit is ‘n sonde wat ons maklik in ander raaksien, maar nie sommer in onsself nie. Tog het ons die vernietigende impak van trots in ‘n leier gesien. As die leier nie meer in nederigheid loop nie, neem hy dwase besluite, druk hy mense weg en staan hy teenoor die Here.

Hoe kan leiers besef dat hulle van nederigheid na trots toe dryf?

Kyk na aanspraak maak. Dit styg altyd as trots toeneem. Dit is onmoontlik om nederig te wees en terselfdertyd aanspraak te maak op dinge. Die oomblik as ons dink ons word iets geskuld, beteken dit dat ons vergeet het dat alle goeie dinge van God af kom. leiers veral as hulle suksesvol is, is geneig om aanspraak op dinge te maak. Moontlik het Dawid gevoel dat hy aanspraak kan maak op die paleis en ‘n getroude vrou, want hy het Israel met onderskeiding gelei en gedien. Hy het hulle vyande verslaan en die volk se nasionale trots herstel. Dawid het vergeet dat al sy oorwinnings en al die seëninge wat hy geniet het, was net omdat God dit in sy genade aan hom gegee het.

Dawid se geloof dat hy op Batseba geregtig was openbaar dat hy op daardie oomblik nie met dankbaarheid gevul was vir wat God aan hom geskenk het nie. God was die een wat Dawid van herder na koning geneem het., wat hom van slaap in die veld en in grotte na slaap in ‘n paleis geneem het. Dit was nie genoeg vir Dawid nie toe hy sy diensknegte gestuur het om vir Batseba te gaan haal en na hom te bring nie. Hy was ondankbaar vir God se voorsiening en seën. Hy gebruik sy troon om homself te dien. Nederige leiers besef dat die enigste dinge waarop ons aanspraak kan maak, is dood en vernietiging as gevolg van ons sonde. Maar God in sy genade het Homself aan ons gegee en beloof die ewig lewe aan ons. Hy gee aan ons geleenthede, ook geleenthede om ander te dien. Alles is net sy genade. Paulus herinner ons hieraan: Wie maak jou so belangrik? En wat besit jy wat jy nie ontvang het nie? (1 Korintiërs 4:7). Nederige leiers herinner hulle gereeld aan hierdie waarheid.

Jy kan nie mense op wie jy neersien bemoedig hulle nie

Om meerderwaardig te voel, kom in verskeie vorme. Almal van hulle word gebruik om op ander neer te sien. Jy kan nie diegene op wie jy neersien bemoedig nie. Manipuleer, ja; bemoedig, nee.

Daar is veral ‘n aantal vergelykings wat lei tot neersien op ander:

  1. Ek is meer toegewyd.

  2. Ek het meer ondervinding.

  3. Ek werk harder.

  4. Ek is meer betroubaar.

  5. Ek het meer verantwoordelikhede.

  6. Ek hanteer meer probleme as wat ek veroorsaak.

  7. Ek help meer as wat ek hulp ontvang.

  8. Ek is beter opgelei.

  9. Ek is meer suksesvol.

  10. Ek maak meer geld.

  11. Ek het meer vriende.

  12. Ek het meer talent.

Om meerderwaardig te voel, moet jy vergelykings maak. Jy sal altyd iemand kry wat minder as jy is om jou eie self-belangrikheid te ondersteun.

‘n Lewe van voortdurende groei en leer weerspieël nederigheid. Hier is vier vrae om vir jouself te vra:

  1. Watter nuwe gedrag probeer jy hierdie week? As die antwoord niks is nie, dink jy dat jy gearriveer het? Dan dink jy jy doen alles reg.

  2. Hoe span jy jou in - dit is lekker om baie van ander te verwag, maar wat van jouself?

  3. Wanneer was die laaste keer dat iemand anders reg was?

  4. Wanneer laas het jy gesê: ‘Ek was verkeerd

Hier is drie wenke:

  1. Vergelyk jouself met jou potensiaal en nie met iemand anders nie.

  2. Gebruik jou ‘grootheid’ om ander groot te maak.

  3. Dien, moenie gedien word nie.

Vrae wat leiers moet antwoord as hulle die beste talent wil trek

Een van die oorwegings van mense met baie talente het wanneer hulle besluit waar om te werk. is die impak van vandag se werk op môre se geleenthede.. Hulle het ‘n toekoms oriëntasie – meer so as mense met normale talent. Top talent sien elke rol wat hulle vervul as ‘n geleentheid om vir ‘n beter toekoms voor te berei. Daarom vra hulle ‘n ander stel vrae:

As ek die werk aanvaar:

  1. Hoe sal ek groei?

  2. Hoe sal ek uitgedaag word?

  3. Watter geleenthede sal ek kry?

  4. Hoe sal ek meer aanstelbaar wees in die toekoms?

Hierdie vrae en ander soortgelyke vrae, vereis dat organisasies meer strategies moet wees met menseontwikkeling. Dit word gewoonlik aanvaar dat elke persoon verantwoordelik is vir sy eie persoonlike ontwikkeling, maar top talent wil weet hoe die organisasie hulle sal help om te groei. Hierdie hulp kan verskeie vorme aanneem; opleiding in die organisasie self, betaal vir klasse vir onderrig, mentors, ens. Dit verskil van persoon tot persoon. Wat van leiers verwag word, is toewyding om jou mense met die meeste talent toe te laat om die argitekte van hulle eie toekoms te word.


bottom of page