Kry weer die Bybel op jou lippe en in jou lewe
top of page

Kry weer die Bybel op jou lippe en in jou lewe


’n Onderwyseres vertel my dat sy vir ‘n graad 8 klas vra wie is Pontius Pilatus. Letterlik nie een kind in die klas kon vir haar die regte antwoord gee nie. Iewers is daar ‘n skroef los. In kerke regdeur ons land word daar Sondag vir Sondag gepreek. Kinders woon steeds kategese by. Maar in dieselfde asem is Bybelkennis so laag as wat kan kom. Vir vele mense is die Bybel net ‘n boek vol losstaande tekste. Nee, dit is eintlik ’n toe Boek. Slegs wanneer hulle in een of ander krisis is moet hulle Skrif kry. Dan benodig hulle gou ’n vers of twee wat antwoorde bied. Maar hulle oordink nie die Woord dag vir dag, soos wat Psalm 1 ons leer nie. Daarom is dit nodig dat ons weer hoor wat God vir ons sê in Deuteronomium 6. Daar beveel Hy ons naamlik om sy gebooie op ons handpalms en ons deurkosyne te skryf. Ons moet met ons kinders hieroor praat as ons loop en as ons gaan slaap. Kortom, Bybelkennis én Godkennis moet weer ‘n deel van ons alledaagse lewe word. Dan sal ouers en kinders graag weer die Bybel op hulle lippe en op hulle lewens aflaai.


bottom of page