Leier Nuusbrief April deel 2
top of page

Leier Nuusbrief April deel 2


Die ironie van dienaar leierskap

Great leaders understand intuitively that leading requires great humility, great compassion, great selflessness and great love. (Jay Sullivan)

Elke dag in die nuus hoor en sien ons van leiers – leiers in politiek, besigheid, die kunste, opvoeding, ens. Leierskap gaan nie oor ‘n titel nie, dit gaan oor die manier waarop ons mekaar benader, mekaar behandel, mense kry om ons idees te aanvaar en vorentoe te beweeg.

Dienaar leierskap bestaan uit twee dele volgens Ken Blanchard. Bepaling van die visie en ontwikkeling/implementering van die visie, is die leierskap elemente. Die implementering van die strategie is waar die dienaar aspek ter sprake kom. Ons taak as dienaar leiers is om diegene om ons te ondersteun en rigting te gee. Die ironie van dienaar leierskap is dat dit ‘n posisie van mag gebore uit ‘n posisie van nederigheid is.

Nederigheid is noodsaaklik, maar word dikwels misverstaan. Arrogante lektore mag kennis aan hulle studente oordra, maar selde wysheid. As jy in ‘n gesprek of verhouding kom vanuit die perspektief van arrogansie oefen jy mag uit om jou agenda te druk. Druk is nie leierskap nie. Dienaar leiers verdien die ondersteuning van hulle volgelinge. Nederigheid het dikwels ‘n negatiewe implikasie – dit word dikwels gesien as iemand wat nie sy eie waarde waardeer nie. Om nederig te wees beteken nie om onsekerheid oor te dra nie. Dit beteken “ek plaas ander mense eerste”. Nederigheid beteken nie jy dink minder van jouself nie – jy dink minder aan en van jouself.

As jy ‘n span wil hê wat goed presteer, moet jou fokus op mense wees. Jy moet van ander leer en dan daardie lesse in jou eie organisasie toepas.

The essence of servant leadership is the power of love, over the love of power. (Ken Blanchard)

Luister is ‘n noodsaaklike element van dienaar leierskap. Jy moet jou mense verstaan – hulle hoop, hulle drome, hulle vrese, hulle strewes. Dit is waarom emosionele intelligensie, ‘n mengsel van selfbewussyn en empatie, noodsaaklik is vir dienaar leiers. Sonder dit sal jy nooit die vlak van vertroue wat noodsaaklik is vir leierskap bereik nie.

Niemand van ons bereik iets op ons eie nie. As jy mense eerste op jou prioriteitslys plaas, sal hulle die resultate behaal waarna jy streef.

Kies jou fokus

Spanne en organisasies beweeg in die rigting van die woorde wat hulle gebruik. Woorde het krag:

  1. Woorde bepaal rigting.

  2. Worde lei tot weerstand of oop harte.

  3. Woorde oortuig of mislei.

  4. Woorde sny of genees.

  5. Woorde bemoedig of ontmoedig.

  6. Woorde maak werk moeilik of aangenaam.

  7. Woorde verhoog jou status of steel jou reputasie.

Negatiewe woorde is kragtiger as positiewe woorde, want sleg is sterker as goed.

Suksesvolle leiers skakel die negatiewe uit:

  1. Swak praktyke;

  2. prosesse wat onderdruk;

  3. gemene mense

  4. afbrekende gesindhede; en

  5. negatiewe oortuigings.

Jy kan nie net die positiewe beklemtoon nie – jy moet die negatiewe uitskakel.

Repeated complaining hard-wires the brain to do more complaining. The more negative you are, the more negative you become. (Travis Bradberry in Emotional Intelligence 2.0). Kla besoedel omgewings.

Kies jou fokus versigtig, want jou fokus stuur jou taal. As jy rondloop en foute soek, is al waaroor jy praat foute. Jou oë beheer jou tong, Jy praat oor dit waarna jy kyk. Sommige leiers sou niks hê om te sê nie as hulle nie kla nie. Jy sal jou span ‘n guns bewys deur net weg te gaan,

Jy moet jou fokus reg kies:

  1. Fokus op oplossings

  2. Fokus op sterkpunte. Jy presteer goed deur jy jou sterkpunte te gebruik nie deur jou swakpunte reg te stel nie.

  3. Fokus op die toekoms. Die toekoms word vandag gebou.

  4. Fokus op dankbaarheid.

  5. Fokus op vooruitgang. Energie neem toe met voorwaartse beweging.

Kies jou fokus, want jou oë beheer jou tong en jou tong beheer rigting.

Sewe foute wat leiers maak wat veroorsaak dat spanlede loop

Baie leiers het geen opleiding in die leiding van mense nie. Hulle kort ook dikwels die empatie en bewustheid om doeltreffende interaksie met mense te hê. Dit het ernstige gevolge. As spanlede loop is die belangrikste rede die verhouding met hulle leier.

Daar is veral sewe foute wat leiers maak wat veroorsaak dat spanlede loop.

1. Hulle is onbuigsaam en maak dinge moeilik vir hulle span

Hulle maak berge van molshope oor eenvoudige dinge. Spanlede moet gemaklik voel om jou te alle tye te nader. As jy onbuigsaam is, skep dit ‘n muur tussen jou en jou span. Dit beteken nie dat jy oneties moet wees en prosedures moet verbreek nie. Dit beteken wel jy plaas jou span eerste en dat jy in sekere omstandighede jou oordeel sal gebruik. As ‘n spanlid alles gee aan sy leier en hy is onbuigsaam as hulle ‘n behoefte het, word die verhouding tussen hulle verbreek en die leier verloor die vertroue van sy spanlid.

2. Voortrekkery

Ons weet van kantoorpolitiek en begunstiging. Dit is tragies as spanlede weet wie volgende bevorder gaan word as gevolg van sy verhouding met die leier. Dit sal beslis die moraal van die span breek. Spanlede wat nie in jou binnekring is nie, sal altyd glo dat jy diegene in jou binnekring bevoordeel, al is dit nie so nie. Die persepsie vernietig spangees en ondermyn betrokkenheid.

3. Leiers blameer of straf spanlede baie vinnig

‘n Swak leier aanvaar die slegste. Om jou spanlede onder die bus te gooi in plaas daarvan om vir hulle op te staan in moeilike omstandighede is ‘n seker manier om die vertroue van jou span te verloor. Almal kyk na die leier in oomblikke soos hierdie. Die leier moet nou met waardigheid optree en ‘n advokaat vir sy spanlede wees. As jy lojaliteit verlang, moet jy lojaal wees. As jy spanlede blameer, vernietig jy jou geloofwaardigheid. Dit lei tot ‘n kultuur van wantroue. Goeie leiers herkou nie foute deur ander gemaak nie, hulle wys nie vingers nie en vertroetel nie en koester nie ‘n wrok teen ander nie. Hulle aanvaar verantwoordelikheid en fokus op die oplossing van probleme.

4. Hulle wys nie dat hulle omgee nie

‘n Swak leier hanteer spanlede asof hulle vervangbaar is. Spanlede het emosies en ‘n persoonlike lewe. As jy omgee vir jou spanlede sal jy nie verwag hulle moet langer ure as ooreengekom, werk nie. Jy sal hulle nie gereeld na ure kontak nie. ‘n Gesonde belangstelling in jou spanlede se lewens is die eerste stap in die bou van verhoudings en vertroue. Wys dat jy omgee in hulle welstand. As ‘n spanlid probleme het met persoonlike sake bewys empatie. Moenie net bekommerd wees oor wanneer hulle terug by die werk sal wees nie.

“Having a personality of caring about people is important. You can't be a good leader unless you generally like people. That is how you bring out the best in them.” (Richard Branson)

5. Hulle erken nie prestasies nie

Niemand wil geïgnoreer word.

"People work for money but go the extra mile for recognition, praise and rewards." (Dale Carnegie).

Waardeer spanlede. Wys vir hulle hoeveel jy hulle poging waardeer. Beloning beteken nie noodwendig geld nie. Eenvoudige dinge soos “DANKIE” en ‘Wel gedaan,” is dikwels voldoende. Skep ‘n atmosfeer waar jy suksesse kan vier en mense bymekaar kan bring.

6. Mikrobestuur spanlede

Jou taak as leier is om die nodige instrumente aan jou spanlede te voorsien en hulle te ondersteun. Mikrobestuur suig die lewe uit spanlede. Gee aan hulle ‘n taak en vertrou dat hulle dit sal doen. Om elke beweging van ‘n spanlid te monitor is ontmoedigend. Vra vir insette. Moedig jou span aan om met insette na vore te kom. Mense hou daarvan om te voel asof hulle ‘n sê het in wat met hulle gebeur. Nog erger as om nie te vra nie, is om te vra en dan niks met die insette te doen nie.

7. Swak leiers stel nie belang in die ontwikkeling van hulle spanlede nie

Mense verlaat organisasies dikwels omdat daar geen ontwikkelingsgeleenthede is nie. Erken en moedig sterkpunte aan, erken die verskillende vaardighede wat spanlede het en wys vir hulle na geleenthede. Jy kan al die byvoordele hê, maar as jy spanlede sleg behandel, sal hulle loop. Spanlede weet gou of ‘n leier eg is en werklik in hulle beste belang optree. As spanlede ‘n leier het wat werklik omgee, sal hulle die ekstra myl insit om sukses te verseker.

Gewoontes; Weerstand is tevergeefs

Hoe harder mense probeer om nie aan iets te dink nie, hoe meer dink hulle daaraan. Hierdie ondervinding het selfs ‘n naam – die ironies proses teorie. Hierdie proses waarborg feitlik dat jou pogings om slegte gewoontes te weerstaan, sal misluk.

“What you resist not only persists but will grow in size.” (Carl Jung). As ek die gedrag wat ek wil verander weerstaan, ondoeltreffend is, wat moet ek dan doen?

Moenie weerstaan nie, verplaas. Dit is eenvoudig. As jy die drang voel om weer die ding wat jy wil verander te doen, doen iets anders -gaan na buite, sing ‘n lied, drink ‘n glas water, dit maak nie saak wat jy doen nie, doen net iets anders. Iets wat vir jou werk.


bottom of page