Bou aan tradisies en rituele vir jou gesin

April 17, 2018

Onlangs gesels ek met 'n vriendin wat my vertel van haar kindertyd. Sy vertel toe hoe pa, ma, twee seuns en twee dogters Sondae-middae saam op hulle plot gespeel het. Die kinders was almal sportief en party middae het hulle rugby of krieket gespeel en ander middae netbal of hokkie. Hoe wonderlik moes dit nie vir daardie vier kinders gewees het om pret saam met hulle ouers te hê nie. Ek is seker hule het geliefd en spesiaal gevoel, omdat die ouers tyd saam me hulle spandeer het.

 

In die moderne lewe is besigwees aan die orde van die dag en in sekere kringe selfs 'n statussimbool. Daar is lang reise werk toe en skool toe. Elke dag is daar druk om meer te doen. Moderne families bring minder gehaltetyd saam deur as ooit tevore.

 

Familie-tradisies kweek 'n gevoel van "ek is belangrik", trots en sekuriteit. Omdat dit tyd van die ouers vra, kry die kinders die versekering dat die ouers vir hulle lief is. By kinders skep dit ook 'n gevoel van "belonging." Kinders moet voel dat hulle "behoort". Een van die beste maniere om dit te doen, is deur gereeld tyd met jou familie deur te bring. Dit kan wees deur 'n lekker fees-ete, bordspeletjies, buite speel en swem of deur familie-vergaderings. Die punt daarvan is om gereeld met geliefdes saam te verkeer om wonderlike herinneringe te skep.

 

In die keuse van 'n aktiwiteit is dit belangrik om te onthou dat dit nie nodig is om baie geld uit te gee nie. Dit is ook belangrik dat alle selfone en ander elektroniese toestelle afgeskakel moet word. Die aktiwiteit hoef nie altyd ernstig te wees nie, pret saam met die ouers is vir kinders heerlik. 

 

Dit is belangrik dat elke lid van die gesin deel voel van die aktiwiteit. As julle 'n heerlike fees-ete, soos met Kersfees of Paasfees saam beplan kan Pa en die seuns dalk braai, ma en die dogters maak bykosse. Die kleintjies of kunstiges dek die tafel. As julle dalk 'n bordspeletjie wil speel en daar is kleiner kinders in die huis, laat hulle in Ma of Pa se span wees. 

 

Een van die belangrikste tradisies wat 'n gesin kan saambind, is huisgodsdiens. Kies 'n tyd wat almal in die gesin pas, selfs al moet julle soggens 'n paar minute vroeër opstaan. Aan die voete van hulle ouers leer kinders meer van God. Hulle kry die geleentheid om vir mekaar voorbidding te doen en om ook dit wat op hulle harte druk, te deel.

 

As jy en jou gesin nog nie regtig sinvolle tradisies en rituele het nie, begin sommer vandag daaraan bou. 'n Gelukkige gesin is een waarin elke lid van die gesin voel dat hy verstaan, waardeer en gerespekteer word. So 'n gesin spandeer tyd met mekaar. 

 

"Liefdevolle verhoudings is 'n gesin se beste beskerming teen die uitdagings van die lewe." (Bernie Wiebe)

 

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

February 27, 2020

February 26, 2020

February 25, 2020

February 21, 2020

February 19, 2020

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload

© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: