Volkswagen
top of page

Volkswagen


Terwyl ek by VW werk in PE is ek op pad vir die naweek Plettenbergbaai toe. My tannie woon net so effens buite die dorp en op pad soontoe die Saterdagoggend 11h00 gee ek iemand ‘n geleentheid langs die pad. Nou dit alreeds het my verstom omdat ek nie mense wat ryloop geleenthede gee nie want een van my vriende is vermoor in so ‘n episode. Ek sê nie alle rylopers is moordenaars nie, maar dit is en bly ‘n risiko. So gee ek die onbekende man ‘n geleentheid en hy gesels lyk ons is ou vriende!!!

Terwyl hy so lekker gesels begin krap hierdie vraag weer, snaaks genoeg, wat maak ek met my lewe regtig? Wat ook toevallig is, is dat die man my tannie ken en net so ‘n straat agter haar woon… mmmmmh. Ons arriveer toe 12h00 en hy bedank my vir die geleentheid. Julle sal my nie glo nie-21h00 aand dink ek nog steeds aan die man en die eksistensiële vraag. Ek deel toe met my skrywers tannie my ervaring en sy adviseer my om my gevoelens met die man onmiddellik te gaan deel. Ek klop toe aan die vreemdeling se deur 22h00 die aand- hy woon in so ‘n klein woning- ek kon sien hy sukkel. Onmiddellik bid hy vir my en na sy gebed deel hy my met die skrifgedeelte van die arbeider is min, maar die oes is baie (Lukas 10).

Ek is toe huis toe na my tannie se woning waar ek geslaap het vir die naweek. Toe ek in die kamer kom beweeg die dakplate oop en ek sien net wolke bo my. Ek val op my knieë en hoor die stem van God wat my roep tot sy diens. En daar… daardie aand 1998 antwoord ek en besluit om predikant te word en in my pa se voetspore te volg.

‘n Jaar later werk ek vir Eskom en swot deeltyds aan Unisa twee vakke. Dit was nie goed genoeg vir die honger wat ek gehad het vir die evangelie nie. Toe Eskom nie vir my ‘n permanente aanstelling gee nie en my weer ‘n tydelike kontrak kry, bedank ek en pak alles op. Ek ry toe Tukkies toe! Ek weet nie eers waar Pretoria is nie. Daardie volgende dag skryf ek my in vir teologiese studies- prof Wethmar was so dierbaar daardie oggend!!!! Sal hom nooit vergeet nie. Ek moet aan die lewe bly en gaan soek vir my werk by Spur- van ingenieur na ‘waiter’, maar dit maak nie saak nie ek is opgewonde. Ek onthou my eerste dag in die klas… Danie Vermaak was die eerste klasmaat wat vir my hallo kom sê het. Toe die prof begin met Nuwe Testament daardie oggend… het ek geweet ek is tuis!


bottom of page