Gebed sluit nie af nie; dit sluit oop
top of page

Gebed sluit nie af nie; dit sluit oop


“Sal iemand vir ons afsluit met gebed?” Ken jy hierdie gevleuelde woorde? Gebed doen eintlik die teendeel, as ek dit nie mis het nie. Egte gebed sluit altyd oop, nie af of toe nie. Dit ontsluit die deure na die skatkamers van die Allerhoogste. Gebed is om in verwondering voor die drie-enige God neer te val. Dit is om te juig oor sy grootheid. Gebed is om te sing oor die Here. Om te bid is nie om ‘n paar gepaste woorde in Sy rigting uit te spreek aan die begin of einde van enige vergadering of erediens nie. Gebed is om God se terrein te betree met groot ontsag. Dit is om stil en vol eerbied te wag op die Here, totdat Hy ons genadig is. Ook ons publieke gebede moet hieraan voldoen. Dit is nie maar net stigtelik handelinge op die “regte plek” tydens byeenkomste nie. Selfs wanneer ons aan die begin of einde van enige byeenkoms bid, is dit nie regtig nie net die regte ding om te doen nie Ook dan is gebed opregte gesprek met ons Vader in die hemel. Ook dan buig ons in heilige eerbied voor hom in die Naam van Christus.


bottom of page