Leier Nuusbrief April 2018 Deel 1
top of page

Leier Nuusbrief April 2018 Deel 1


Vergeet van werk-lewe balans

Werk-lewe balans is ‘n mite. Werk is tog nie iets wat los staan van jou lewe nie. Ons glo dat vervulling in ons persoonlike en professionele lewe beteken dat ons aan beide ewe veel gesag en prioriteit moet gee. Dit skep ‘n vals tweeledigheid tussen twee keuses en lei tot ‘n ewigdurende skuldgevoel, want ons voel nooit dat ons 100% in beide gebiede is nie.

Wat ons nodig het, is werk-lewe harmonie [Vereniging van dele of verwante dinge in so ‘n verhouding dat dit ‘n welgeordende geheel vorm - HAT.] Werk-lewe harmonie is gesetel in ‘n holistiese en geïntegreerde benadering tot die lewe waar werk en speel saamgevoeg word in kombinasies uniek aan elke individu. Ons kan dus nie definieer hoe harmonie lyk nie, maar hier is vyf maniere om dit vir jouself te ontdek.

1. Wees duidelik oor jou doel in die lewe

Jy moet besef dat jy belangrik is. Jy is nie per ongeluk hier nie; jy is gemaak vir ‘n doel in die lewe. Daar is niemand anders net soos jy op aarde nie. As jy jou doel duidelik verstaan, gee dit fokus, rigting en energie aan elke lewensgebied. My lewensdoel is om my gawes en vermoëns om ‘n dienaar leier en ambassadeur van God se genade en waarheid te wees. Dit is die krag wat bepaal hoe ek lewe, bepaal my prioriteite, wys vir my wat werklik belangrik in die lewe is en gee perspektief aan alles wat ek doen.

2. Soek tevredenheid en nie geluk nie

Ons kultuur sê vir ons dat ons alles kan hê. Dan is ons ongelukkig as ons ontdek dat dit nie moontlik is nie. Geluk is van jou omstandighede afhanklik; tevredenheid is die gevolg van ‘n diep vreugde en tevredenheid dat jy jou lewensdoel uitleef. Geluk kom en gaan; tevredenheid bly.

3. Verstaan die seisoene van die lewe

Die lewe word deur seisoene gedefinieer. In die verskillende seisoene van ons lewe sal ons verskillende prioriteite hê. As hierdie prioriteite gedryf word deur ons lewensdoel, pas hulle in harmonie bymekaar op die regte tyd en die regte manier.

4. Vestig redelike grense

As jy duidelikheid het oor jou lewensdoel, jou waardes en jou oortuigings kan jy wyse besluite neem oor die gebruik van jou tyd, talente en energie. Jy kan lewe-werk harmonie bewerkstellig deur sisteme en strukture daar te stel wat jou laat fokus op die belangrike prioriteite in jou lewe. Skep gesonde grense wat jou in die regte rigting laat fokus.

5. Wees teenwoordig

Omdat ons vanuit ‘n raamwerk van werk-lewe balans funksioneer, verkeer ons in ‘n voortdurende stryd en bekommernis oor hoeveel tyd ons spandeer op elke gebied. Dit skep spanning en skuldgevoelens, want ons voel gedurig asof ons uit balans is. Ons voel ons spandeer te veel energie aan een aspek van ons lewe ten koste van ‘n ander.

Om werk-lewe harmonie te bereik is nie maklik nie Dit beteken jy moet leer wat werk en wat werk nie. Daar is ‘n voortdurende assessering van hoe jy jou tyd en energie benut, maar die voordeel is minder spanning, meer sielerus en meer toewyding en passie vir alles wat jy in die lewe doen.

Wat gebeur as leiers uit hulle kantore kom?

Dir vereis ‘n liefde vir die mense en die werk vir ‘n leier om uit sy kantoor te kom. Die aantrekkingskrag om in jou kantoor te bly is kragtig – daar is baie e-posse en vergaderings waarvoor jy moet voorberei. Wat gebeur as leiers wel uit hulle kantore kom?

1. Hulle bemoedig die span

Mense word bemoedig as hulle sien dat leiers in hulle werk belangstel – dit wys vir hulle die leiers dink dat hulle werk belangrik is. ‘’n Leier se aandag en belangstelling bemoedig die span.

2. Hulle ontdek verbasende mense

Leiers wat in hulle kantore bly, mis belangrike interaksies en waarnemings.

3. Hulle verhoed dat hulle besluite in isolasie neem

Leiers wat in hulle kantore bly, vergeet maklik hoe verreikende gevolge hulle besluite het. As jy tussen jou mense is, herinner dit jou dat jou besluite ‘’n impak op hulle het. As jy uit jou kantoor kom herinner dit jou om ander ook in jou oorwegings in te sluit.

4. Hulle sien dinge wat verander moet word.

Jy sal sien waar die visie vergeet is, waar uitmuntendheid nie meer teenwoordig is nie en waar kommunikasie gefaal het. Die kantoor beskerm jou teen die pyn van probleme as jy egter buite die kantoor kom, het jy die geloofwaardigheid en kennis om probleme doeltreffend te hanteer.

5. Hulle het geloofwaardigheid om probleme te hanteer

As jy buite die kantoor is, kry jy insig oor hoe om die probleme te hanteer. Leiers wat in hulle kantore bly het nie die kennis en geloofwaardigheid om die probleme te hanteer nie Geïsoleerde leiers het nie die emosionele belegging om met oortuiging te praat oor wat verander moet word nie.

Hoe meet jy sukses?

Ons word baie maklik verlei om sukses volgens die standaarde van ons kultuur te meet. C. S Lewis het sy vriend Arthur Greeves herinner; It is not your business to succeed (no one can be sure of that), but to do right. When you have done so, the rest lies with God.” Dit is iets waaraan ons onsself voortdurend moet herinner. In Openbaring 12:11, in die gedeelte oor die vrou en die draak, lees ons: Hulle het self die oorwinning oor hom behaal danksy die bloed van die Lam en die boodskap waarvan hulle getuig het; en hulle het nie hulle lewens so lief gehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterwe nie.

Die nuwe lewe wat ons deur die bloed van Christus het is hoe ons oorwinning moet meet in hierdie tyd. Ware sukses soos God dit meet, is die enigste pad na ware vreugde, al lei dit tot ons dood. Die Here is my sterkte en my beskermer, op Hom het ek vertrou. Dit het my gehelp. Daarom is ek bly en wil ek Hom loof met my lied (Psalm 28;7). Ons vreugde, ons oorwinning en ons sukses word nie gemeet deur die dinge wat magtig voorkom nie. Dit word deur die kruis gemeet.

God se genade lyk soos swakheid en dwaasheid vir die wêreld, maar in werklikheid is die swakheid van God sterker as die krag van die mens. Enige sukses wat ons beleef, het ons as gevolg van die werk wat Christus gedoen het vir ons. Vreugde in Christus deur die krag van die Gees is ware sukses in die lewe.

Christus se oorwinning word in ons gesien soos ons meer gelykvormig aan die beeld van Christus word Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun (Romeine 8;29) . En die hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het (Romeine 5:5).


bottom of page