Wat help godsdiens jou as jy nie die straat oorsteek nie?
top of page

Wat help godsdiens jou as jy nie die straat oorsteek nie?


Slegte mense kry die oorhand as goeie mense niks doen nie. Dis een ding om ontsteld te wees oor korrupsie en armoede; dis iets anders om dit aan te spreek. Om maar net passief toe te sien hoe dwaasheid en sonde wen en net nogmaals daarteen te wees, help niks. Dit is eers wanneer jyself die straat oorsteek saam met die Samaritaan daar in Jesus se gelykenis in Lukas 10 na die man wat onder die rowers deurgeloop het dat die wêreld ’n stukkie beter word. Dis eers wanneer jy moeite doen om iemand op te help wat deur die lewe omgestamp is dat God se koninkryk prakties sigbaar word. Wat help jou godsdiens jou in elk geval as dit nie jou hande bevlek met die swaarkry van die lewe nie? Wat help jou vroomheid jou, as jy nie jou knieë buig en by God begin pleit vir mense wat Hy op jou radarskerm plaas nie? Sorg dat jou geloof vandag iewers in die regte lewe aanland. Anders is jou geloof pure teorie. Dan is dit boekrak-geloof. Dan gaar dit net stof op. Die Here wil jou ’n slag afstof en in diens stel. Gaan leer by die Samaritaan hoe.


bottom of page