As jy sukkel om Hom te hoor
top of page

As jy sukkel om Hom te hoor


Soms sukkel mens regtig om God se stem te hoor. Dis dan wanneer mens maklik kan wonder of God se stem dan stil geword het en of Hy dan nié met jou wíl praat nie. Dit mag dalk selfs wees dat ons God wil manipuleer; dat ons Hom as’t ware kwalik neem vir sy stilswye en ‘n ultimatum aan Hom wil stel. Dis sulke tye wat ons moet onthou:

  • God bly steeds God. Die feit dat Hy op gegewe tye met ons praat en Homself op wonderlike maniere aan ons openbaar, is ‘n voorreg, nie ‘n reg nie.

  • God hoor altyd. Daar is geen opregte gebed wat die Vader nie bereik nie.

  • Hy sal antwoord. Ons Vader het nog nooit een van sy getroue kinders se gebede onbeantwoord gelaat nie. Hy het al baie keer “nee” gesê, ander kere met ompaaie geantwoord en dikwels eers na ‘n lang tyd sy woord laat hoor. Maar God antwoord altyd!

As ons soms sukkel om die Gees se stem te hoor of dalk selfs vind dat ons op ‘n betrokke dag “niks” uit sy Woord kan haal nie, kan ons maar rustig wees. Hy hóór. Hy ís by ons. En Hy sál antwoord. Of dalk ... wil Hy juis nie nou antwoord nie, maar sommer net by ons wees ... sommer net sy liefdesmantel om ons vou.

Here, leer my om op U te wag .. en in die wag, u liefde te ervaar.


bottom of page