Leier Nuusbrief Februarie Deel 2
top of page

Leier Nuusbrief Februarie Deel 2


Hoe kan ek die gemeente goed lei in 2018?

Almal wil graag ‘n groot leier wees. Nêrens is dit belangriker as in die plaaslike gemeente nie. Boeke oor leierskap gee meestal breë advies wat dikwels nie toepaslik is vir die gemeente nie. Christianity Today gee die volgende advies:

1. Diagnoseer jou span

Hoe ontwikkel en onderhou jy ‘n span wat werklik as ‘n span saamwerk. ‘n Baie goeie hulpbron in Patrick Lencioni se boek: The Five Dysfunctions of a Team. Dit sal jou in staat stel om ‘n span bymekaar te kry waarin elke lid se gawes gebruik word, wat goeie besluite neem en goed presteer en wat daarvan hou om saam te werk

2. Ontwikkel leiers in die gemeente

Baie leiers wag tot laat in hulle lewe voor hulle iets oor leierskap leer. Intussen word hulle gevorm deur hulle betrokkenheid in die gemeente. Identifiseer potensiële leiers en geen spesiale aandag aan hulle.

3. Lei vanuit jou sterkpunte

Moenie jou swakpunte ignoreer nie, maar kry maniere om jou sterkpunte toe te pas vir oplossings van moeilike probleme.

4. Bid vir jou gemeente

So dikwels is gebed ‘n nagedagte. Gesprekke, artikels en boeke oor leierskap kry voorkeur. Hoe kan ons gebed ‘n prioriteit maak as daar soveel probleme is wat ons aandag verg? Ons moet dit net eenvoudig doen.

5. Stel duidelike doelwitte

Hierdie doelwitte hoef nie noodwendig verband met getalle en finansies te hê nie, maar hulle moet meetbaar wees en moet verband hou met die visie van die gemeente. ‘n Doelwit is ‘n katalis om jou visie te bereik. Dit is nie die visie self nie.

6. Toegewy aan die opleiding van nuwe leiers.

Jy moet ‘n klimaat skep waarbinne mense graag wil lei en dien. Lei hulle op. ‘n Belangrike deel van die opleiding is die aanknoop van verhoudings met hierdie jongmense waarin jy hulle kan mentor.

Wegdrywe

Life goes where you look

Drift is inevitable. Course correction is normal.

Motors en motorfietse dryf na waar hulle bestuurders kyk. Individue en organisasies dryf na korttermyn sienings en dinge wat dringend is. As jy wegdryf, moet jy ingryp. As jy nie ingryp nie eindig dit altyd baie sleg.

As alles glad verloop mag dit op wegdryf dui. Niemand kom geleidelike wegdryf agter nie. Organisasies dryf stadig weg totdat iemand een dag vra: ‘Hoe het ons hier uitgekom?” Nou begin die beskuldigings. Mense wys vinger, maar as ‘n organisasie wegdrywe is dit altyd as gevolg van ‘n gebrek aan leierskap.

Hoekom begin organisasies wegdryf?

  1. Om te wys dat die organisasie wegdryf laat jou dwaas lyk. Aanvanklik is wegdrywe nie ‘n belangrike saak nie .

  2. Die sake van die dag domineer.

  3. Om besig te wees word gerespekteer,

  4. Produktiwiteit word nie gemeet nie.

  5. Dringendheid word gesien as belangriker as prioriteite.

Failing organizations are usually over-managed and under-led.” (Bennis). Bestuur fokus op vandag en leiers op die toekoms.

Hoe hanteer en verhoed jy dat ‘n organisasie wegdrywe?

  1. Gee aandag aan waar jou aandag is. Evalueer waarop jy gefokus het Wat het jou gedagtes vasgevang? Watter gesindheid het jou denke gedomineer?

  2. Vra vir jouself af: Watter bestemming gaan ons bereik met ons huidige rigting? As niks verander nie, waar sal ons volgende jaar wees?

  3. Act like then is now (Andy Stanley)

  4. Maak gereeld seker van jou missie en visie.

  5. Hanteer probleme met optimisme en nie geblinddoek nie.

  6. Skep punte om fees te vier. Dit help ander om te fokus op wat belangrik is.

Waaraan jy aandag gee, sal jy word.

  • Om op probleme en nie die volgende optrede te fokus, maak jou negatief.

  • Waardeer en ontwikkel sterkpunte.

‘n Omkeerstrategie

Is die Suid-Afrikaanse mark aan die begin van ‘n omkeer? Dinge het die afgelope twee weke verbeter. Baie gelowiges het ook ‘n persoonlike omkeerstrategie nodig. God is die outeur hiervan. Sy woord gee beginsels om hierin te slaag.

In 1 Kronieke 5 lees ons van die stamme van Ruben, Gad en die halwe stam van Manasse. Hulle kom teen die Hagareërs te staan. Uit hulle ondervindings kan ons vyf beginsels aflei:

  • Hulle was braaf en moedig. Hulle word as weerbare manne beskryf.

  • Hulle was toegerus – hulle het wapens gehad.

  • Hulle was vaardig – in die gebruik van hulle wapens. Hulle was opgeleide vegters.

  • Hulle het gebid- hulle het God in die stryd aangeroep.

  • Hulle gebede is verhoor omdat hulle hulle vertroue in Hom gestel het

Reuben, Gad en die halwe Manasse stam het 44760 weerbare manne gehad. Hulle maak oorlog teen die Hagareërs naamlik Jetur, Nafis en Nodab. Die Hagareërs en hulle bondgenote is aan Ruben en hulle bondgenote onderwerp. Hulle het God in die stryd aangeroep en Hy het hulle verhoor omdat hulle hulle vertroue in Hom gestel het (1 Konings 5:18 – 20).

Die verhaal van Gideon (Rigters 6 – 9) gee ook insig oor hoe om ‘n omkeer te ondervind. Israel was deur die Midianiete onderdruk. Die Here gebruik Gideon om 135 000 soldate van Midian met net 300 manne te verslaan. Ook hier is heelwat beginsels wat ons kan leer wat ons sal help om ‘n omkeer te bewerkstellig. Die Here verander nie. Miskien moet ons verander. Hier volg nog ‘n paar beginsels:

  • Verwag wonderwerke

Gideon het wonderwerke korrek verstaan al het hy aan die begin nog net van hulle gehoor.

Ekskuus, Meneer, maar as die Here by ons is, waarom kom al hierdie dinge oor ons? Waar is die magtige dade waarvan ons voorvaders ons vertel het? (6;13A).

  • Besef dat jou vermoë en aansien van God af kom.

Gideon het ‘n swak selfbeeld gehad. Die oplossing was om te besef dat God by hom was. Maar Gideon sê vir Hom: ‘ EKSKUUS, Meneer, waarmee sal ek die Israeliete gaan red? Die familie waaraan ek behoort, is die armste in die hele Manasse, en van my pa se kinders het ek die minste aansien.” Die Here het hom geantwoord: “Ek is by jou, en jy sal die Midianiete verslaan asof hulle nie meer as een is nie.” (6:15 – 16). Die Engel van die Here verskyn aan hom en sê vir hom: “Die Here is by jou, dapper man.” (6:12).

  • Maak seker dat jy van die Here hoor voordat jy tot optrede oorgaan

Gideon wou seker mak dat hy nie mislei word nie. Drie maal vra hy vir tekens (6: 17, 36 en 39). Ons hoef nie vir ‘n teken te vra nie, maar ons moet seker maak dat ons van die Here hoor. Kontroleer die Skrif.

  • Glo en wees gehoorsaam

Toe Gideon eers seker was dat Hy van die Here gehoor het, was hy gehoorsaam. Dit vereis geloof om jou vader se afgode af te breek en om jou leër van 32, 000 na 300 te verminder. En dan ‘n leër van 135 000 aan te val.

  • Gee dank en heerskappy aan die Here.

Ek kan nie oor julle regeer nie, ook nie my nageslag nie. Die Here regeer oor julle (8;23). Ons het pas die wonderlikste geboorte in die geskiedenis gevier. Gee aan Hom die heerlikheid deur ons lewens om te keer. Hy kan en Hy wil.

Ontdek jou passie en verander jou lewe

Almal sê jy moet jou passie volg. Wat gebeur as jy dit nie kan ontdek nie? Kyk na wat jou ontevrede maak. Passie kruip dikwels weg onder ontevredenheid. Kyk na dit waarvan jy niks hou nie. Verwerp gemak – dit is ‘n vyand van passie. Vind passie deur pyn te volg.

Volg jou sterkpunte as jy nie jou passie kan ontdek nie. Ons kry nie passie in ons huidige aktiwiteite nie. As dit so was het jy dit nou reeds gevoel. Passie gaan meer oor dit wat jy nie doen nie. Volg jou sterkpunte al is dit begrawe, onderbenut of verwaarloos.

Jou bydrae in die wêreld verbeter as jy aan jouself werk. ‘n Oorhaastige lewe druk passie dood. Dink elke oggend en aand na, stap. Sit doodstil vir 10 minute elke dag. Jy kan nie die tirannie van dringendheid ontsnap nie, want jy gee nie jouself die geleentheid om dit te doen nie

Passie gaan eerstens oor wees en dan oor doen. Aanvaar die toekomstige jy.

Praat met iemand wat sy passie ontdek het vergeet van sukses. Kyk na aansteeklike vreugde en gepaardgaande ontevredenheid. Was hulle passie ‘n flikkerende vlam wat skielik opgevlam het of het dit soos weerlig toegeslaan.


bottom of page