Learning Community 8 Maart [nuus]
top of page
  • Writer's pictureekerk

Learning Community 8 Maart [nuus]


Ekerk bied op 8 Maart 2018 by Mosaïek Gemeente in Fairland’s so 'n geleentheid aan waar ons gaan gesels oor "Van Gen Z tot by die Bybel".

Meer oor die dag:

Die ekerk Learning Community leer geleenthede is spesifiek bedoel vir geestelike leiers wat meer wil leer binne die konteks van gesprek, gemeenskap en geloofwaardige bronne. Vir hierdie geleentheid fokus ons van die Generasie Z tot by die Bybel.

1. Ekerk het onder 6 635 Hoërskool Kinders vraelyste uitgedeel om die verhouding en houding van die kinders met hulle plaaslike gemeente te toets. Tydens hierdie Learning Community gaan ons vir die eerste keer hierdie resultate bespreek en beskikbaar stel.

2. Wat is sekere kenmerke van hierdie Generasie Z?

3. Wat is die rol van die plaaslike kerk tot die identiteitsvorming van Hoërskool kinders?

4. Wat is die rol van die Bybel in hulle identiteitsvorming?

Aan die hand van verskeie literatuur, navorsing en ander bronne gaan ons hierdie onderwerp bespreek en prakties maak vir ons eie bedieninge.

Waar: Mosaïek Gemeente, Fairlands

Wanneer: 8 Maart 2018

Tyd: 9:30-15:30

Tema: Van Gen Z tot by die Bybel.

Koste: R300 pp (sluit filter koffie asook middagete in)

Sprekers vir die dag:

- Stephan Joubert

- Pierre Engelbrecht

- Ivor Swartz

- Roedolf Botha o


bottom of page