Soms wil ons níé met Hom praat nie

February 9, 2018

Ek is baie omgekrap. Ek het nie meer woorde oor om te sê hoe omgekrap ek is nie. Daarom praat ek nie baie nie. Psalm 77:5b

 

Soms Here, kan ek nie bid nie. En ek moet eerlik wees, Vader, daar’s tye wat ek nie wíl bid nie. Wat ek regtig ver van U af voel. Wat ek vir U kwaad is. Ek U nie verstaan nie. U nie vir my sin maak nie ... dan Gees van God, kan ek maar net vra: Bid asseblief vir my. Selfs al vra ek U nie.

 

Het jou hart al so ‘n gebed-stilstand bereik. ‘n Tyd wat jy regtig nie met God wou of kon praat nie? Dan, liewe medegelowige kan jy aansluit by menige ander kind van Here wat nie altyd lus het om te bid nie. Want dit gebeur met almal van ons – ongeag hoe lief ons ons Vader het.

 

Wanneer jy deur sulke tye gaan, is dit belangrik om te erken dat jy dáár is; dat jy gedisoriënteerd is in jou geloof en dat jy nie regtig weet of en hoe jy weer naby aan Hom gaan kom nie. Dit sou ook goed wees as jy ander opregte gelowiges vra om vir jou te bid.

 

Die belangrikste egter is om te onthou dat die Gees in tye van gebed-skaarstes vír ons bid. Dat Hý dan ons gedagtes verpak en verwoord en dat Hy ons weer – op sý tyd – weer sal lei na die plek waar ons weer opnuut kan bid. Opnuut kan glo.

 

Bid vir my asseblief Here!

 

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

February 14, 2020

February 11, 2020

February 7, 2020

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload

© 2019 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: