Wat maak van ‘n man ‘n man?
top of page

Wat maak van ‘n man ‘n man?


My oupa het gesê jy’s eers ‘n man as jy ‘n bok geskiet het. Op universiteit het een student weer gesê jy’s ‘n man as jy ‘n drankbottel se prop platgetrap het en die inhoud hiervan uitgedrink het. Nodeloos om te sê, sy “manlikheid” was eintlik net ‘n dwase wasigheid. Onder die mansgeslag bestaan daar soms vreemde rituele wat seuns blykbaar tot manne maak en wat “ware” manne laat uitstaan. Daarom is Genesis 2 se skeppingstorie so belangrik, want dit bied ook ’n vars definisie van manwees, as jy wil. Daar word die mens vir die eerste keer ’n man genoem wanneer God die vrou skep en haar na hom toe bring. Op die plek verander hierdie alleen-mens, wat naarstiglik op soek was na iemand om hom te help, soos wat Genesis 2:18 vertel, in ’n man. Hy onderneem dadelik om alle ander aardse verhoudings ondergeskik te stel aan sy lewenslange liefdesverhouding met sy vrou. Liefde, God se soort liefde, laat mansmense leef en dit laat vroue goeie helpers wees vir hulle mans. Liefde verander ons almal. Of ons getroud is of nie, Goddelike liefde is die sleutel tot manwees, vrouwees en menswees. Sy liefde maak ons nuut.


bottom of page