Kunsmatige Intelligensie [webinaar]
top of page

Kunsmatige Intelligensie [webinaar]


Ekerk bied op 15 Februarie 2017 'n opwindende leer geleentheid aan as webinaar. Die tema is "Kunsmatige Intelligensie" en sal spesifiek wees vir enige leraars en enige iemand wat meer wil weet en saam wil gesels oor die tema.

Tema: Kunsmatige Intelligensie

Kunsmatige intelligensie (KI) is die intelligensie wat 'n masjien of sagteware tentoonstel. Dit is 'n akademiese studieveld wat poog om menslike intelligensie kunsmatig te skep. KI-navorsers en -handboeke definieer dit as "die studie en ontwerp van intelligente agente", waar 'n intelligente agent 'n stelsel is wat sy omgewing waarneem en aksies neem wat sy kanse op sukses vergroot.

Ons wêreld word al hoe meer gedefinieer deur kunsmatige intelligensie.

  • Hoe raak kunsmatige intelligensie my en my wêreld?

  • Moet ons as gelowiges bewus wees hiervan?

  • Hoe moet ons as gelowiges die wêreld van kunsmatige intelligensie verstaan?

  • Moet ons wegskram daarvan, o f moet ons dit omarm?

  • Hoe lyk ons toekoms met kunsmatige intelligensie in?

Hierdie is maar 'n paar van die vrae wat ons gaan hanteer tydens hierdie webinaar.

Waar: Webinaar

Wanneer en sprekers:

- 15 Februarie 2018 gaan Mynhardt van Pletsen met ons oor hierdie tema gesels.

Tyd: 9:30 - 10:30.

Tema: Kunsmatige Intelligensie

Koste: Gratis.


bottom of page