Leier Nuusbrief Januarie 2018 Deel 2
top of page

Leier Nuusbrief Januarie 2018 Deel 2


’n Vrugbare 2018

Dikwels werk ons hard om te presteer en om onsself te bewys. Besigwees is nie dieselfde as vrugbaarheid en goddelikheid nie. ‘n Leefwyse van “altyd besig wees” het heelwat negatiewe gevolge; stres, angs en ‘’n identiteit wat bepaal word deur wat jy doen en nie aan wie jy behoort nie.

Baie van ons angs en spanning is as gevolg vaan ons pogings om vir almal te probeer bewys dat ons kan presteer. Ons vergeet so maklik Jesus se woorde in Johannes 15:5 - 6: Ek is soos ‘n druiwestok; julle is soos die takkies. Sonder die druiwestok beteken die takkies tog niks nie. Net so beteken julle ook niks sonder my nie. Leef elke oomblik van die dag in afhanklikheid van My. Ek sal dan elke oomblik by julle ook wees. Iemand wat op sy eie, sonder My, wil leef, sal uitvind dat hy dit nie kan doen nie Hy sal soos ‘’n los, afgesnyde takkie in die vuur gegooi word (Die Boodskap). Ons bron van lewe kom van die Here en sonder sy lewe wat deur ons vloei, het ons geen lewe nie. Die Here het ons gevra om in Hom te woon, te rus en om Hom te vertrou. Wie is ek nou om meer te probeer doen. Dit beteken nie dat jy op jou hande kan sit en niks doen nie. In plaas daarvan dat ons aanmekaar werk, kan ons rus. Uit ons rus vloei ons werk uit liefde vir die Here.

Hoe kan ons hierdie siklus van soeke na goedkeuring breek?

1. Sê net nee

Ons almal is geneig om meer dikwels ”ja” te s as “nee” – en ons en ons families ly daaronder. As jy “nee” sê, stel jy grense aan jou tyd en kan jy fokus daarop wat werklik belangrik is.

2. Beplan vrye tyd

Ons beplan soms ‘n week af, maar sien steeds mense. Jy stel jou familie met wie jy veronderstel was om tyd mee te spandeer, teleur.

3. Vra hulp

Ons probeer dikwels die bedieningsreis alleen aflê – en wonder waarom ons so gefrustreerd is. Wanneer laas het jy vir hulp gevra, Bid eerste vir die Here en kyk dan wie Hy om jou geplaas het. Leiers gebruik wie die Here voorsien.

4. Kry jou identiteit in Christus

Die vaste element in ons lewens as volgelinge van Christus is die nuwe lewe wat Hy aan ons gegee het. Onthou God het ons gemaak wat ons nou is. Dit is Hy wat ons nuut gemaak het omdat ons Christus Jesus s’n is. Hy het dit gedoen sodat ons reg en goed kan leef soos Hy lankal besluit het ons moet leef (Efesiërs 2:10).

Kan ons meer doen deur minder te doen? Inplaas daarvan dat ons probeer bewys dat ons nie lui is nie, bly in die Here – in ‘n plek van rus en vertroue. Ons het niks om te bewys nie; ons het net ‘n Here om te dien. Hy het ons lief en wil hê dat ons, sy kinders, vrugbare en nie besige lewens moet leef nie.

Ek wil hierdie jaar meer lees

Lees is ‘n sleutelkomponent van persoonlike groei en ontwikkeling. As jy lees leer jy nuwe idees, jou denke word opgradeer en jou leierskap verbeter.

Hier is tien reëls om te verseker dat jy hierdie jaar meer boeke lees:

1. Hou boek

Skryf neer wat jy klaar gelees het. As die lysie kort is, motiveer dit jou om meer te lees. As dit lank is. Wil jy nog meer lees.

2. Verander formate

Wissel tussen gewone, oudio- boeke en e-boeke.

3. Kyk minder televisie

Daar is net 8 765.82 uur per jaar. As jy voorsiening gemaak het vir slaap, jou gesin en jou werk, is daar werklik nog tyd om televisie te kyk? Ek kan nie kyk en terselfdertyd lees nie.

4. Sosiale media

Facebook is die vyand van ware boeke. Raak ontslae VAN baie van jou sosiale media.

5. Neem oral boeke saam

As jy wag, lees. Lees terwyl jy loop en of as jy bestuur – oudio-boeke

6. Volg jou giere

Alan Jacobs (The Pleasure of Reading in an Age of Distraction) sê dat een oorkoepelende beginsel is ”read at Whim.” Laat jou nuuskierigheid, smaak en passie jou oë lei. So lees jy meer waarvan jy hou en hou meer van wat jy lees.

7. Varieer jou genres

Soms lees jy ‘n maand lank oor een onderwerp. Daarna moet jy iets heeltemal verskillend lees om die siklus te breek.

8. Lees verskeie boeke op dieselfde tyd

Jy moet besig wees om verskeie boeke te lees. Hulle onderwerpe moet varieer. Met so ‘n verskeidenheid is daar altyd ten minste een boek wat jy wil lees.

9. Soek voorstelle

Waar sosiale media wel handig is, is met voorstelle vir boeke om te lees. Hoor by jou vriende, kollegas, mentor en ander at hulle lees daar ord. Duisende boeke elke jaar gepubliseer. Geen individu kan al die boeke oor ‘n besondere onderwerp ken nie.

10. Hou enige tyd op

Sekere boeke is vervelig en sleg. Daar is miljoene boeke beskikbaar. Die lewe is te kort om ‘n oninteressante boek te lees. Los enige boek te eniger tyd.

Leierskap en konflik

Leierskap vereis onder andere ‘n toewyding aan die oplossing van konflik. Daar is ‘n groot verskil tussen met iemand praat en oor iemand praat. Tog is die kerk vol mense wat oor mekaar gesels waar hulle nie by is nie. As konflik dan ontstaan – en dit sal - is leiers geneig om dit te vermy in plaas daarvan om dit direk te hanteer.

Ons ontwikkel ongesonde reaksies as ons konflik wil vermy: ons vermy kommunikasie; ons probeer die persoon vermy; ons kry soveel as moontlik mense om ons te steun; ons ignoreer die konflik so ver as moontlik. Om stil te bly, is nie ‘n opsie vir kerkleiers nie. Jesus het gesê dat die vredemakers geseënd is, want hulle sal die kinders van God genoem word (Matteus 5:9).

Kommunikasie is moeilik. Omdat die proses van konflikhantering so moeilik is, kry ons nie veel krediet daarvoor nie. As jy die konflik wil oplos, moet jy die pyn verduur mense help om met mekaar te kommunikeer.

Leiers moet toegewy wees aan die oplossing van konflik. Meeste mense kan konflikte oplos as hulle gewillig is om die pyn te verduur. Al besef jy dat dit pynlik sal wees, moet jy so gou as moontlik ingryp – moenie toelaat dat die situasie vererger nie. Dit vereis moed om vroeg in te gryp.

As jy die eerste stap neem sal jy verbaas wees oor wat gebeur. Jy moet jou kultuur en gehoor ken. As jy dit gedoen het, moet jy vinnig inklim en die konflik hanteer. Daar is te veel leiers wat die konflik vermy.

Hier is vier eenvoudige stappe vir leiers om konflik te hanteer.

1. Bou altyd ‘n verstandhouding

‘n Leier luister voortdurend. Hulle bou ‘n verstandhouding deur respek, betrokkenheid in die spanlid se wêreld en bemoediging. Jy kan nie by ‘n konflik inloop sonder ‘n verstandhouding nie.

2. Los die agenda vir ‘n tydjie.

Ons is soms so haastig dat ons die agenda so gou as moontlik probeer deurdruk al staan die mense aan teenoorgestelde kante. Die agenda sal nie uitgevoer kan word met konflik wat nog in die lug hang nie. Soms moet ons eers aandag aan die verhouding gee voor ons sommer induik. Daarna kan ons die saak direk op die tafel plaas.

3. Neem die stap

Moenie veralgemeen nie. A jy nie vir die span sê met wie jy praat nie, nooi jy mense uit om kant te kies as ‘n groep. Dit is altyd moeiliker om te hanteer.

4. Moenie terugtrek nie

Mense is dikwels so vasgevang in hulle eie situasie dat hulle nie onmiddellik sal erken dat daar ‘n probleem is nie. Die kamer word stil en iemand sal probeer om die saak te deflekteer. Moenie sommer die handdoek ingooi nie. Soos ‘n splinter in jou hand, is dit soms nodig om ‘n biejie te werk om dit uit te kry. Dit is pynlik, maar die moeite werd as dit klaar is.

Niemand hou daarvan om konflik op te los nie. Ons almal begeer harmonie. Soms is die enigste manier om by harmonie uit te kom oor ‘n paar slaggate in die pad.


bottom of page