Learning Community 21 Februarie [nuus]
top of page
  • Writer's pictureekerk

Learning Community 21 Februarie [nuus]


Ekerk bied op 21 Februarie 2018 by Rotsgemeente, AGS Brackenfell, Protea Hoogte so 'n geleentheid aan waar ons gaan gesels oor "wees Kerklik Intelligent, wees Wêreld Intelligent".

Hieronder is al die inligting van die volgende geleentheid, maak seker jy registreer vroegtydig, of kontak vir pierre@ekerk.org om meer uit te vind.

Hierdie geleentheid verteenwoordig 5 VBO en PCD punte.

Meer oor die dag:

Die ekerk Learning Community leer geleenthede is spesifiek bedoel vir geestelike leiers wat meer wil leer binne die konteks van gesprek, gemeenskap en geloofwaardige bronne.

Vir hierdie geleentheid fokus ons op die verskil tussen Kerklik Intelligent en Wêrelds Intelligent.

1. Hoe lyk dit om Kerklik Intelligent te wees?

2. Hoe lyk dit om Wêrelds Intelligent te wees? Wat is die uitdagings wat die wêrels vir ons bedienings inlaat?

3. Wat verwag God van ons as Geestelike leiers as dit kom tussen Kerklik Intelligent of Wêrelds Intelligent te wees?

Aan die hand van verskeie literatuur, navorsing en ander bronne gaan ons hierdie onderwerp bespreek en prakties maak vir ons eie bedieninge.

  • Wanneer: 21 Februarie 2018

  • Tyd: 10:00-16:00

  • Tema: wees Kerklik Intelligent, wees Wêreld Intelligent

  • Koste: R300 pp (sluit filter koffie asook middagete in. Daar sal flat whites, cappuccino’s en espresso’s te koop wees.)

Sprekers vir die dag:

  • Stephan Joubert

  • Mynhardt van Pletsen

  • Pierre Engelbrecht

Lees meer of registreer deur hierdie skakel te volg.


bottom of page