Sit dit af, sit dit af!
top of page

Sit dit af, sit dit af!


’n Staatsgreep is besig om onder ons neuse plaas te vind. Ek praat van sosiale media. Dit is besig om ons lewens oor te neem. Almal is selfoon-verslaafdes. Om nie te praat van ander sosiale media platforms soos Google, Facebook rekenaarspeletjies en kie nie. Eindelose kennis en vermaak is nou binne ons bereik. Ongelukkig beskik ons nie aldag oor die nodige wysheid om waarheid en leuen hier van mekaar te onderskei nie. Boonop verkoop sosiale media ‘n vals belofte dat ons nooit hier alleen sal wees nie. Ons kan enige tyd in die kuberruim inklok en ’n paar “likes” kry wanneer ons op ons virtuele seepkissies praat, kla, bely of spog. Nogtans is mense vandag meer alleen as ooit. Ligloop vir die verslawende greep van hierdie tegnologie. Sosiale media is nuttig en goed in die regte dosisse. Maar die Here wil nie hê ons moet slawe hiervan wees nie. Hy het ons geskep vir regte verhoudings met Homself en ander mense. As ons by Hom en mense verbyleef ter wille van ons sosiale media beheptheid, sterf ons siel. Kom ons sit ons foon en rekenaar af en gaan doen iets goed vir iemand in die Here se Naam. Dan wen ons ’n handvol egte lewe terug!


bottom of page