Wag met verwagting!
top of page

Wag met verwagting!


Die Gees asook die bruid sê “Kom!” Wie hierdie woorde hoor, moet sê: “Kom!” Laat die een wat geestelike dors het, kom. Openbaring 22:17a

Ons hoef nie te weet wanneer en hoe die wederkoms gaan wees nie, want ons kan in elk geval niks daaraan doen nie. Wat ons wel behoort te weet, is DJ Opperman se woorde: “Aan jou dade grens ‘n ewigheid.” Daarom moet ons, terwyl ons op Hom wag, leef asof Hy vandag kom; asof Hy op ‘n manier reeds hier tussen ons leef.

Hoe kan ek en jy as vrou op ons Here wag?

  • Ons kan dit doen deur elke oomblik in ‘n noue verhouding met Hom te leef; met Hom te praat asof Hy by ons is en so te leef dat Hy trots op ons sou wees.

  • Ons kan, terwyl ons op Hom wag, iets van Christus-wees teenoor ander uitleef. Ons denke, woorde en dade kan aan ander iets vertel van die grootheid van ons Heer.

  • Ons kan aktief in sy wingerd arbei. Christus sê in ... dat Hy kom wanneer elke mens van Hom gehoor het. Ons kan dus sy koms bespoedig deur deel te wees van die verkondiging van sy evangelieboodskap.

  • Ons kan as mense met verwagting en hoop leef. Omdat ons die einde van die verhaal ken, hoef ons nie as slagoffers te leef nie.

Gaan leef vandag met die vreugde dat jou lewe in sy arms gaan uitmond. Gaan leef as oorwinnaar, as vredemaker en as ‘n liefdesuitdeler.

Ek kan nie wag om U te sien nie, Jesus!


bottom of page