Te veel hemelse seëninge om op te gebruik
top of page

Te veel hemelse seëninge om op te gebruik


Onlangs, terwyl ek in Duitsland ‘n akademiese byeenkoms moes bywoon, kyk ek na ‘n TV program oor die Duitse polisie. Dit het gehandel oor polisiemanne wat ‘n man wou arresteer omdat hy sy vrou en kinders verplig het om onwettig op straat te bedel. Nee, dit was nie omdat hulle brandarm is nie; hulle moes bedel om sy super luukse Duitse motor af te betaal. Regtig! Die ergste was dat hierdie man gemeen het hy doen niks verkeerd nie. Sy familie kon minstens nou in luuksheid ry na hulle verskillende bedelpunte! Eina! Wat sal mense nie alles doen vir besittings en luukshede nie. Mag die Here ons van sulke gierigheid bewaar. Mag Hy ons leer om tevrede te wees met die bietjie wat ons het, en om bly te wees oor die baie genade wat ons uit Sy hand ontvang. Mag Hy ons leer om ons seëninge oor en oor te tel, en om elke stukkie genadebrood te geniet wat ons vandag by Hom gekry het. Want ons het! God het gesorg dat daar nogmaals brood op ons tafel is. Wag, ons het meer as genoeg vir vandag gekry. Ons is oorlaai met hemelse seëninge, te veel om te tel, of op te gebruik.


bottom of page