Waarom kom Christus weer?
top of page

Waarom kom Christus weer?


“Kyk, Ek is op pad. Ek kom gou, sê Christus. “My lys van wie beloon moet word, bring Ek saam. Ek sal elkeen gee wat hy volgens sy optrede verdien. Ek is die Een by wie alles begin en by wie alles ook eindig; die Eerste en die Laaste. Niks bestaan of gebeur buite My om nie …”. Openbaring 22:12-13

Christus het reeds een maal gekom. Hy het as mensekind hier tussen ons kom bly, vir ons kom sterf en ‘n deel van Hom – sy Gees – vir ons gestuur om altyd by ons te wees. En tóg, is Hy nog nie hier nie. Ons gaan Hom nog op die wolke sien kom sodat ons vir altyd by Hom kan leef.

Christus kom weer omdat Hy – wat God is – die werk wat Hy hier op aarde begin het, kom voltooi. Hy gaan kom klaar maak wat Hy begin het. Tweedens gaan Hy kom om te oordeel. Hy gaan alles wat ek en jy nog altyd gedink, gesê en gedoen het, kom beoordeel en ontbloot. En dan ... gaan Hy in die derde plek as Verlosser ons kom haal om vir ons sê: Van nou af is jy vir altyd by My. Jy hoef nooit weer te vrees nie, jy sal nooit weer pyn en hartseer ervaar nie en jy sal nooit weer na my te soek nie, want Ek is nou – vir altyd – bý jou..

Halleluja! My en jou Christus kom weer!

Dankie, dierbare Verlosser, dat ek met die sekerheid kan leef dat U ons sal kom haal.


bottom of page