Vergeet van “mediese-fonds” horlosies; volg God se fiksheidsprogram!
top of page

Vergeet van “mediese-fonds” horlosies; volg God se fiksheidsprogram!


Ek weet nie of jy ook een van daardie gewilde “mediese fonds-horlosies” het waarmee mense deesdae rondhardloop en oefen nie. (Wat noem mens dit anders as ’n mediese fonds horlosie, want hulle is immers die verskaffers hiervan?) ’n Paar van my vriende het sulke elektroniese horlosies wat allerlei dinge meet, soos die hoeveelheid treë wat hulle per dag loop en hoe gereeld hulle die gimnasium besoek. Dan kry hulle sekere voordele as hulle die teikens bereik wat voorgeskryf word. Wel, as jou mediese fonds presies weet aan watter vereistes jy moet voldoen om as gesond en fiks beskryf te word, en as dit boonop elektronies gemeet kan word, dan behoort ons as gelowiges ook te weet hoe ’n fikse navolger van die Here daar uitsien. Wel, Paulus het geweet. In 1 Korintiërs 9:24-27 skryf hy onder andere dat hy nie soos ’n ongeoefende bokser is wat die heeltyd net lug raakslaan nie. Hy oefen sy geloofsdissiplines aanhoudend in sodat elke hou ’n voltreffer is. Hy bid gereeld; oordink God se Woord; doen graag goed aan ander, en hy beoefen liefde vir God en naasteliefde. Doen dieselfde. Bly geestelik fiks.


bottom of page