Leier Nuusbrief Oktober Deel 2
top of page

Leier Nuusbrief Oktober Deel 2


Maak jou ankers los as jy wil vlieg

Net ‘n dwaas dink hy kan vorentoe gaan met ankers om sy bene. Maar leiers klou vas aan oortuigings en gedrag wat sukses verhoed. Sukses vereis dat jy die ankers moet losmaak. Hier is drie sulke ankers:

1. Maak die anker van verwag dat alles maklik gaan wees los.

Diens het waarde as dit behoeftes hanteer. Diens beteken nie dat jy ‘n vloerlap moet wees nie en dat jy die lewe vir ander makliker moet maak nie.

  • Dink aan gee al maak dit seer. Benadeel jouself, om ander te help.

  • Stel grense wat deur jou waardes bepaal word. Leer om “nee” te sê, maar doen dit versigtig Moet nooit jou familie opoffer net om ander te dien nie.

  • As jy “nee” sê stel alternatiewe voor.

2. Maak die anker van vashou aan oortredings los.

Mense sal jou teleurstel. Mense sal nie die dinge wat jy doen, raaksien nie. Jy mag dalk nie die krediet kry al het jy meeste van die werk gedoen nie:

  • Bitterheid besoedel jou.

  • Bing oortredings onder die aandag in ‘n sagte gees. Moenie inbars en jou regte eis nie. Dink eerder aan hoe jy verhoudings kan versterk.

  • Aanvaar verantwoordelikheid vir jou eie oortredings. Miskien moes jy duideliker gekommunikeer het.

  • Ondersoek oplossings eerder as om vingers te wys.

3. Maak die anker van wag vir die volmaakte oomblik los.

Begin al is dinge nie 100% reg nie. Om vir die volmaakte oomblik te wag is ‘n mite. Verduidelik wat jy probeer doen en nie hoekom jy wag nie.

Wat doen jy as jou gemeente ‘n plato bereik?

Hierdie is ‘n algemene krisis, maar nie een wat nie reggemaak kan word nie. Rick Warren noem drie moontlikhede:

1. Hoe langer jou gemeente op ‘n plato was, hoe langer gaan dit neem om te herstel

Daar is geweldige krag in momentum. Om aan die gang te kom vereis baie energie en tyd. Vir ‘n gemeente om te verander vereis baie klein veranderinge en ’n lang tyd om die verandering te voltooi. As leier van ‘n gemeente wat ‘n plato bereik het, moet jy bid vir geduld. Mense verander baie stadig. Hulle is weerstandig teen verandering, want hulle besef dat die lewe waaraan hulle gewoond is, is verby. Die lidmate gaan teen verandering baklei en jy het tyd nodig om hulle te oortuig om te verander.

2. Jy het almal lief, maar jy beweeg saam met diegene wat beweeg.

Moenie partydigheid wys nie; versorg almal, maar beweeg saam met diegene wat beweeg. Jesus bestee baie tyd met diegene wat die maksimum verantwoordelikheid kan dra. Hy voed 5 000, maar Hy spandeer die meeste tyd met die twaalf. Selfs daar het Hy ‘n binnekring van drie gehad. Paulus verwys na hulle – Petrus, Jakobus en Johannes – as die pilare van die kerk, want hulle kon die maksimum verantwoordelikheid dra.

Jy moet hierdie mense, diegene wat bereid is om te verander, identifiseer. Identifiseer hulle en kry hulle aan die gang. Bou jou visie in hulle.

3. Wees voorbereid op konflik

Dit gaan beslis kom. Almal wil hê dat die gemeente moet groei – tot op ‘n punt. Almal word opgewonde as besoekers Sondae die eredienste begin bywoon. Dit is totdat daardie mense verandering bring en dinge beweeg weg van die tradisionele sentrum van swaartekrag. In elke gemeente is daar mense wat voor die huidige leiers al daar was.

Verandering is nooit gemaklik nie. Wees seker van jou roeping; wees voorbereid vir ‘n lang proses en beweeg met die lidmate wat beweeg – en stadig sal jy die skip omdraai.

Moet ek ‘n lidmaat van ‘n gemeente wees?

Lidmaatskap van ‘n gemeente is ‘n konsep wat nie eksplisiet in die Bybel vermeld word nie, maar word aanvaar en ondersteun. Baie van die briewe in die Nuwe Testament is aan gemeentes geskryf met opdragte oor hoe hulle hulle lewe saam moet hanteer (1 en 2 Korintiërs, Galasiërs en Filippense). Lidmaatskap is vandag algemeen en was so deur die geskiedenis.)

Hoekom is lidmaatskap van ‘n gemeente belangrik:

1. Teologiese redes

Daar is sekere waarhede oor God – wie HY is en wat Hy gedoen het – wat lidmaatskaptaal gebruik. Toe God veroorsaak het dat jy weergebore word, het Hy ‘n nuwe verhouding met jou gevestig. Voorheen was ons in ons opstand geskei van God, maar God wat ryk in barmhartigheid is het ons deel van sy familie gemaak en het ons lief (Efesiërs 2:4). Hy het ons daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees (Efesiërs 1:5). Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet (Kolossense 1:13). 1 Korintiërs 12:13 sê vir ons dat ons almal met een Gees deurdrenk is.

Lidmaatskap van God se universele kerk gebeur wanneer die HEILIGE Gees ons geestelik met die liggaam van Christus verenig. Lidmaatskap van die plaaslike gemeente is wanneer ons met medegelowiges in ‘n fisiese plek verenig. Lidmaatskap van ‘n gemeente veronderstel lidmaatskap van die universele kerk.

2. Verbondsredes

‘n Verbond is ‘n ooreenkoms of verhouding met verpligtings. Onderliggend tot hierdie verhouding is ‘n eed. As ons gelowiges word, word ons deel van ‘n nuwe verbond. God belowe om ons God te wees, ons sondes te vergewe, die Gees aan ons te gee en Hy skryf sy wet op ons harte. As ons deel van hierdie verbond word onderneem ons dat ons Hom sal volg en vertrou. In die taal van Jeremia 31:13: Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees. Klink maklik. Jy word ‘n Christen en dinge verander. Jy het ‘n verhouding met God en ‘n verantwoordelikheid om Hom te volg. Hierdie verbondsverhouding met God beteken ook ‘n verhouding met ander wat ook sekere verantwoordelikhede tot gevolg het. Daarom het ons lidmaatskap. As ons by ‘n gemeente aansluit belowe ons om verantwoordelikheid vir mekaar te aanvaar.

3. Evangelistiese redes

Betekenisvolle lidmaatskap van ‘n gemeente kommunikeer iets oor die waarde van die evangelie. Lidmaatskap is ‘n verklaring aan mekaar en aan die wêreld hoe ‘n ware belydenis van die evangelie lyk. Een van die primêre verantwoordelikhede van ‘n lidmaat is om die huidige lewe van sy medelidmate te evalueer. Die lidmate verklaar aan die wêreld: Dit is die regte belydenis. Ons staan by ons broers en susters soos hulle Jesus in die wêreld verteenwoordig.

4. Praktiese redes

Om die dinge te doen wat van die gemeente verwag word, moet daar ‘n manier wees om te onderskei van wie ons praat. Leraars word geroep om oor die kudde die wag te hou wetende dat hulle verslag sal moet doen. Ons sien dit ook in die konsep van kerkdissipline - dissipline en uitsluiting kan net gebeur in die arena van ‘n spesifieke en identifiseerbare groep mense. God self het ‘n lys van name in sy boek van die lewe (Openbaring 20:12).

Betekenisvolle lidmaatskap help ons om te sien met wie ons hierdie Nuwe verbond het en vir wie ons verantwoordelik is.

Wie is Seneca?

Lucius Annanaeus Seneca was ‘n stoïsynse filosoof. Hy is een van die eerste Stoïsyne van wie daar heelwat literêre dokumente oorgebly het. Hy is in Spanje gebore as seun van Seneca, die Ouere. Sy reputasie was gemeng. Sy geskrifte was prakties en tydloos. Hy het soeke na wysheid gebruik om die onvermydelike op en af van die lewe te navigeer. Sy gedagtes het geskiedkundige persone soos Pascal en Francois Bacon beïnvloed. Sy gedagtes resoneer steeds met ons: “Aan ons is nie ‘n kort lewe gegee nie, maar ons maak dit kort. Ons kry genoeg, maar vermors dit.”

Toe Klaudius die keiser word verban hy Seneca na Korsika. Daar bly hy vir agt jaar totdat Agrippina, die moeder van Nero sy vrylating bewerkstellig het. Seneca word die leermeester van Nero. Nero word een van die wreedste keisers van die Romeinse Ryk. Mense het Seneca van valsheid beskuldig – hoe kan iemand met so baie wysheid Nero leer. As jy ‘n slegte ou soos Nero dien, sal jy ryk word. Seneca het ryk geword, maar Nero het gedink hy beplan om hom te verwyder en beveel dat hy doodgemaak moet word. Hy be-eindig sy eie lewe.

Seneca en ‘n ander bekende Stoïsynse filosoof, Marcus Aurelius het filosofie gebruik om te lewe. Hulle wou weet hoe jy wysheid kon gebruik om die onvermydelike probleme van die lewe te hanteer. Lesse wat jy by hulle kan leer is tydloos.

Hier is ‘n paar aanhalings van Seneca:

A gem cannot be polished without friction, nor a man perfected without trials.” — Seneca

Wherever there is a human being, there is an opportunity for a kindness.” — Seneca

We are more often frightened than hurt; and we suffer more from imagination than from reality.” — Seneca

A gift consists not in what is done or given, but in the intention of the giver or doer.” — Seneca

“All cruelty springs from weakness.” — Seneca

“As is a tale, so is life: not how long it is, but how good it is, is what matters.” — Seneca

“If a man knows not to which port he sails, no wind is favorable.” — Seneca

“He suffers more than necessary, who suffers before it is necessary.” — Seneca

“Timendi causa est nescire – Ignorance is the cause of fear.” — Seneca

“It does not matter what you bear, but how you bear it.” — Seneca

“The man who has anticipated the coming of troubles takes away their power when they arrive.” — Seneca

“The whole future lies in uncertainty: live immediately.” — Seneca


bottom of page