The broken way [resensie]
top of page

The broken way [resensie]


Life is what happens when you’ve planned something else, het Barbara Johnson gesê. Nou stel Ann Voskamp die vraag: hoe oorleef jy as dinge nie wil loop soos jy gehoop en gewens (en gebid) het nie? Wat maak jy as die lewe jou breek? As jou lewe deur lyding gedefinieer word? In dié boek maak die skrywer haar hart oop en vertel sy van haar donker kant en emosionele wroeging.

Haar vorige boek, One Thousand Gifts, was ‘n reuse sukses in terme van verkoopsyfers. Talle mense is daardeur aangeraak en verander. Dié boek is in ‘n ander toonaard. Dis baie meer persoonlik en openbaar soveel meer van die lewe van een mens. En daarom meen ek gaan die impak selfs nog groter wees as haar vorige besverkoper.

Hoe maak jy as die lewe jou hart gebreek het? Jy moet die pad van onthou loop; wat is belangrik op hierdie pad? Niks is meer belangrik in jou lewe nie as om uit te werk hoe om te lewe as jou lewe deur onuitgesproke pyn omhels word. Hoe oorleef jy as die binnekant van jou siel stukkend gesny raak deur gebroke dinge? En as dit vir jou voel of God jou versaak het?

Wat saak maak in jou lewe is nie wat met jou gebeur nie maar om te onthou wat gebeur het en hoe jy dit onthou. Wat saak maak is in die eerste plek nie wat gebeur het nie maar hoe jy kies om dit te onthou.

As jy op hierdie pad loop, gaan jy vroeër of later uitvind dat jy die naaste aan die gebroke hart van Christus is wanneer jy jou op die speelveld van verpletterde plekke met gebroke mense bevind. Hier gaan jy deur die misterie van die dood en opstanding van Christus jou heel self ontdek, binne die misterie van gebrokenheid en oorvloed. Dis ook die manier waarop jy die geskenk word wat die wêreld nodig het, en wat jy nodig het. Dis hier wat jy leer om lief te hê met Christus se liefde, ‘n liefde van opoffering. Wanneer jy opoffer vir wat jy liefhet, kry jy meer van wat jy liefhet.

‘n Boek vol deurleefde wysheid van iemand wat die gawe om met taal te werk verbind aan ‘n diep spiritualiteit wat deernis en begrip as basis het. Geskryf vir mense wat op pad is om heel te word in ‘n wêreld wat deur gebrokenheid gekenmerk word.


bottom of page