Eenlyn-waarhede
top of page

Eenlyn-waarhede


Mense is lief vir “one-liners,” daardie gevatte kort uitsprake oor die lewe. Vat die volgende een: “Give God what's right - not what's left.” In hierdie woordspel word ‘n groot lewenswaarheid saamgevat, naamlik dat alles aan God behoort. Ons moet aan die Heer alles gee wat Hom toekom.

Wat van die volgende een: “A lot of kneeling will keep you in good standing.” Of hierdie een: “He who kneels before God can stand before anyone.” Inderdaad! Om voor God te buig, maak dat jy altyd in hierdie wêreld kan regop staan. Wees elke dag op die regte Plek op jou knieë – voor God - sodat jy op alle ander plekke regop kan loop.

Van gebed gepraat, onthou ook die volgende: “When praying, don't give God instructions - just report for duty.” Gebed is nie om elke keer met jou voorskrifte en versoeke by die hemel op te dag nie. Gebed is nie kruidenierslysies met opdragte aan God nie: “Doen dit; maak so; help hier – o ja, doen dit sommer nou dadelik! Gee my nou wat ek wil hê!” Gebed is om jou eie wil ondergeskik aan God se planne te stel. Gebed is om te leer om in pas met Hom te loop, nooit andersom nie, nooit nie!

Gebed loop ook hand aan hand met studie van God se Woord. Of soos wat nog ‘n “one-liner” dit mooi stel: "fight truth decay - study the Bible daily." Immers: "Dusty Bibles lead to dirty lives." Wanneer jou Bybel stof opgaar, raak jou kop vol spinnerakke. God se Woord is jou enigste rigtingwyser in hierdie deurmekaar wêreld. Dit is dié lig op jou pad; dié padwyser vir jou eie voetval. Hou vas aan die waarhede uit God se Woord. Maak dit deel van jou daaglikse dieët. Want jy kan nie net van aardse brood alleen leef nie. Leef uit elke woord wat uit God se mond kom. Geloof vra om gebed en kennis van God se Woord. Geloof vra om ‘n nuwe manier van leef. Ware geloof maak ons lewe splinternuut. Onthou daarom: “We don't change God's message -- His message changes us.”


bottom of page