Nuda veritas, die naakte waarheid, is ’n Persoon
top of page

Nuda veritas, die naakte waarheid, is ’n Persoon


Ons praat soms van “die naakte waarheid”. Hoekom? Het ons miskien al so gewoond geraak daaraan om party van ons woorde te bedek met halwe waarhede? Is ons bang vir die “reine waarheid?” Of is dit maar net ’n geykte uitdrukking? Hoe dit ook al sy, die term naakte waarheid, “nuda veritas”, stam af van ’n Romeinse fabel wat vertel dat terwyl Waarheid iewers geswem het, Leuen toe Waarheid se klere kom steel het. Toe het Waarheid gekies om nakend rond te loop eerder as om die klere te dra wat Leuen in ruil daar agtergelaat het. Waarheid kompromitteer nie, want waarheid en leuens is nie bure nie. Nooit nie! Daarom haat God leuens. Maar ten diepste is sy waarheid nie net iets wat ons praat nie; sy waarheid is ’n Persoon - Jesus Christus. Waarheid is relasioneel; dit is verhoudingsmatig. Ons leef vanuit Christus se waarheid; daarom praat ons dit ook. Ons leef in waarheid en integriteit voor God en tussen ander mense. Leuens is die teendeel van wie God is. Leuens is donker, destruktief en vernietigend. Bly weg daar. Moenie vals praat nie. Bly in die waarheid… praat dit ook!


bottom of page