Kom ons kies langtermyn

October 13, 2017

 

Hy het gevra: “ Here, as U dan van my hou, gaan dan tog asseblief saam met ons. Ons is regtig ‘n hardkoppige volk." Eksodus 34:9a

 

Om rég te kies, is nie altyd maklik nie. Om God se wil te doen, ook nie. Ons staan mos nie spontaan in die oggend op met die brandende begeerte om in alles wat ons dink, sê en doen sy wil te doen nie. Veel eerder is ons daarop ingestel om gelukkig en tevrede te wees. Nouja, dis nou nie dat geluk en God se wil noodwendig teenoor mekaar staan nie. Daar is mos wonderlike geluk te vind in sy teenwoordigheid en binne sy wil. Tog is dit ook so dat daar baie keuses is waar dit net eenvoudig makliker is om ons eie geluk bó sy wil te kies.

 

Dis mos lekkerder om nog ‘n bietjie later te lê as om vroeg op te staan vir stiltetyd; dit maak ons meer gelukkig om vir onsself iets te koop as om ‘n groter deel van ons inkomste vir ander te gee; dis meer gerieflik om TV te sit en kyk as om na iemand toe te gaan wat dalk jou oor en liefde nodig het ... En so kies ons heeltyd kortstondige “geluk” bo langtermyn vrede en ewige beleggings.

 

Kom ons bid en probeer weer om vandag rég te kies. Om ”ja” te sê vir die dinge wat langtermyn vrede en vervulling gaan inhou. Ja, kom ons kies langtermyn.

 

Vader, help my om die resultaat van my besluite altyd voor oë te hou.

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

February 27, 2020

February 26, 2020

February 25, 2020

February 21, 2020

February 19, 2020

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload

© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: