Leier Nuusbrief Oktober Deel 1
top of page

Leier Nuusbrief Oktober Deel 1


Hoe om soos ‘n leier ontevrede te wees

Satisfaction is death” George Bernard Shaw

Show me a thoroughly satisfied man and I will show you a failure.” Thomas A. Edison

Maar ontevredenheid maak die lewe onaangenaam. Ja, ontevredenheid dryf verandering, maar dit vereis meer. Nie alle ontevrede mense is leiers nie. Sommige gebruik dit as verskoning om nie te probeer nie om te blameer en om tou op te gooi.

Ontevredenheid by leiers

Die dryfkrag om dinge beter te maak, is die oorsaak van die leier se ontevredenheid. Dit word gedryf deur wat kan wees en nie deur wat was nie. Ontevrede leiers glo dat dinge beter kan wees; spanne kan beter uitvoer; organisasies kan ‘n groter verskil maak.

Mense wat wil hê dat ander mense dinge vir hulle beter moet maak, kla die meeste. Organisasies is dikwels mismoedig, want hulle luister na ontevredenheid en te min na aanmoediging.

There are two kinds of discontented in this world, the discontented that works and the discontented that wrings its hands. The first gets what it wants and the second loses what it has.” Og Mandino

Kry jou gemeenskap betrokke deur hulle te dien

Die kerk het nie meer die plek in die samelewing wat dit in die verlede gehad het nie. Hoe kan die kerk by die gemeenskap betrokke wees en sy plek herwin by die inwoners en leiers van die gemeenskap? Hoe kan die kerk die gemeenskap dien?

- Gaan na jou gemeenskapsleiers met oop hande en ‘’n oop agenda.

Jy ken waarskynlik die leiers in jou gemeenskap wat die hartklop van die gemeenskap die beste ken. Dit is die mense met toegang tot die besluitnemers het en hulle kan die openbare mening beïnvloed. Wees oop vir hulle voorstelle oor hoe die kerk die gemeenskap kan dien. Hulle ken die ware behoeftes van die mense; los jou agenda.

- Belowe min, doen baie

Wees versigtig met die verwagtings wat jy stel, belowe net dit wat jy werklik kan doen binne die tydsraamwerk. Probeer altyd om hulle verwagtings te oortref. Jy kan altyd vir meer werk vra as jy vervelig word. Jy gaan die mense se vertroue verloor as jy nie goed eindig nie.

- Moenie bang wees om te sê wie julle is nie.

Kry ‘n goeie logo. Jy wil immers hê die mense moet weet dit is julle kerk wat die diens lewer. Die einddoel van die projek is dat elke persoon in die gemeenskap die Here en sy liefde vir hulle moet ken.

Om geestesongesteldhede te hê, beteken nie dat jy 'n swak Christen is nie

Omdat ek alleen en terneergedruk voel, mag jy my daarvan beskuldig dat ek nie genoeg bid nie of nie die Bybel genoeg lees nie of dit verkeerd toepas. Jy mag glo dat mense wat elke dag die Bybel lees en op Jesus vertrou, sal nie aan depressie ly nie. Maar psigiese gesondheidsprobleme gebeur met alle mense. – ook met gelowiges wat sterk in hulle geloof staan. Vir baie mense met geestesgesondheidsprobleme is die skaamte wat medegelowiges hulle laat voel oor hulle emosionele stryd baie erg om te aanvaar.

Een in vyf mense ly aan depressie (National Institute of Mental Health). Op Google is daar nou ‘n vraelys waarmee jy kan kontroleer of jy depressie het of nie en of jy professionele hulp nodig het. Mense het emosionele pyn al lyk hulle gelukkig, sosiaal en bekwaam. Google het hierdie instrument ontwikkel sodat lesers vrae anoniem, sonder stigma of skaamte kan antwoord sonder om met iemand te praat wat jy ken.

Dit is nie soos dit moet wees nie. Jesus roep ons om onvoorwaardelik lief te hê – soos Hy ons lief het. Hoe kan ons ‘n lig vir die wêreld wees as ons nie eers vir mekaar lig is nie. Emosionele mishandeling het dieselfde gevolge as fisiese mishandeling. Daar is iets soos emosionele Post- traumaties stress sindroom.

Die stigma van psigiese ongesteldheid is ‘’n probleem in ‘n kultuur waar selfvertroue, entrepreneurskap en volmaakte lewenstyl op Instagram hoog aangeslaan word. As Christen is dit dikwels erger. Die kerkkultuur sê: As jy emosioneel gebroke is, is jou geloof swak of stukkend.

Waar is die kerk se stem in psigiese gesondheid. Dikwels simplisties. Die kerk is stadig om werklikhede wat die kultuur reeds aandag aan gee, te hanteer.

Hier is ‘n paar mites en waarhede:

Mite #1: Jesus het gesê dat ons ons nie moet bekommer nie. As jy jou bekommer sondig jy

Waarheid: Jesus het ons bemoedig. Ons moet ons nie oor geld bekommer nie. In Matteus 6:25 is Jesus nie besig om ‘n opdrag te gee nie. Jesus gee hier vir ons die antwoord oor waarom ons nie vir God en Mammon kan dien nie. (6:24). Hy bemoedig ons om ons nie oor geld te bekommer nie, want God sal voorsien. Ontspan. God verstaan waarom jy bekommerd is. Hy het jou lief; Hy is die God van vertroosting. In elke moeilikheid bemoedig Hy ons (2 Korintiërs 1:4).

Mite #2: Vertrou op God en jy sal vrede en vreugde geniet. As jy nie vrede en vreugde geniet nie, vertrou jy nie genoeg nie.

Waarheid: kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is en Ek sal julle rus gee (Matteus 11:28)

Jesus sê ons moet kom net soos ons is – of ons nou verward, angstig of kwaad is. Jesus sê ons moet kom. Ons is onvolmaak, maar ons is syne.

Mite #3; AS ONS God se woord meer lees, meer bid, Hom meer loof en dank – sal jy vrede hê wat alle verstand te bowe gaan.

Waarheid: Jesus het volmaak gehoorsaam, gebid, geloof en gedank. Tog het Hy emosionele trauma ondervind. Hy was oorweldig deur fisiese en emosionele mishandeling, verlatenheid en verraad. Geloof gee aan ons die moed om die gebrokenheid van die lewe te hanteer en om te genees van ons verliese. ”Ek voel doodsbenoud, bly hier en waak!” Hy het toe ‘n entjie daarvandaan op die grond gaan kniel en gebid dat, as dit moontlik is, die uur van lyding nie vir Hom sou aanbreek nie (Markus 14:34 -35). As Paulus vir ons in Filippense 4:5 – 6 sê: Wees altyd bly in die Here moedig hy ons aan om die vrede te ondervind as ons ons probleme na die Here neem, eerder as om vrede te soek in ons eie vermoëns.

Mite #4: Die Bybel sê ons moet die verlede vergeet en fokus op die toekoms.

Waarheid: my ellende het nie ongemerk by U verbygegaan nie, U het op my trane gelet. In u boek staan hulle opgeteken (Psalm 56:9). Ons gaan terug en genees ons verlede met Jesus en ondervind so sy liefde en herstel ons hart. Toe Paulus gesê het: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is (Filippense 3:13), verwys Hy na sy ou lewe as Fariseër. Nou fokus hy daarop om Jesus te ken en in sy lyding te deel.

Mite #5: Jy het nie ‘n terapeut nodig nie. Jy het net vir Jesus en God se woord nodig

Waarheid: Kyk ons na gevalle van genesing in die Bybel moes iemand in geloof optree om iewers te gaan of om iemand te gaan sien of om vir iets te vra. As jy seergekry het, moet jy na jouself kyk. God se woorde sal jou krag gee en om te genees en jou emosionele wonde te ondersoek. God gebruik geneeshere om fisiese wonde te genees. Net so gebruik Hy sielkundiges en psigiaters om ons te help om ons emosies te genees.

Wees nuuskierig. Laat God toe om jou lief te hê en te genees.

Sewe dodelike stellings van lidmate

Woorde het ‘n betekenis. Soos lidmate sekere woorde herhaaldelik gebruik word daardie woorde mettertyd in die prioriteite en passie van die gemeente weerspieël. Daar is sekere sinne of stellings wat skadelik kan wees vir ‘n gemeente. Hier is ‘’n paar daarvan:

1. Ek hou van ons gemeente net soos hy is

Hierdie stelling is ‘n sekere teken dat Jesus se opdrag in Matteus 28:18 – 20 nie ‘’n prioriteit in die gemeente is nie. Ons moet nooit wens dat die gemeente bly soos hy is nie. Die gemeente moet voortdurend soek om nuwe mense met die evangelie te bereik en by te voeg.

2. My leraar besoek my nie genoeg nie.

Hierdie weerspieël ‘n bediening waar die verwagting is dat die leraar meeste van die bediening moet doen in plaas daarvan dat hy die lidmate toerus. Dit weerspieël ook ‘n afhanklike en selfgesentreerde bediening van die lidmate.

3. Ek stem altyd ‘nee’ om die leierskap intoom te hou

Hierdie persoon ontwrig die hele tyd. Hy soek die fokus op homself. Hy soek aandag. In enige gemeente is hulle toksies.

4. Ek kan nie aanbid met ons musiekstyl nie.

Die aanbiddingsoorloë is nog nie verby nie. Hulle sal nooit sendelinge kan wees nie, want die inheemse mense sal nie die Liedboek gebruik nie Dit gaan net oor hulle eie voorkeure en begeertes.

5. Mense weet waar ons kerkgebou is as hulle wil bywoon

Hierdie stelling aanvaar die kerk is ‘’n plek en dat Jesus se opdrag in Matteus 28 sê “kom almal” en nie “gaan” nie.

6. Ek hou van jou leraar, maar ...

Hierdie lidmaat is vals. Hulle vertel vir die leraars dat hulle van hulle hou, maar agteraf steek hulle ‘n dolk in die leraar se rug.

7. Ek betaal my tiendes so ek verdien ...

Hierdie lidmaat sien sy dankoffers as voorwaardelik. Hulle sal aanhou betaal solank as wat hulle hul sin kry

Meeste lidmate maak nie hierdie stellings nie en weerspieël ook nie hierdie gesindhede nie. Gesonde lidmate moet praat as hulle sulke stellings hoor. As hulle dit nie doen nie, sal die negatiewe lidmate, kritici en bullebakke die gemeente oorneem en vernietig.


bottom of page