Hoe val jy as jy die slag ver val?

October 9, 2017

 

Sukses, voorspoed, oorwinning… dis taal wat ons almal ken. In die skool het ons geleer dat kinders met A-simbole die wenners is. En dat diegene wat vir die eerstespan speel die “koel” ouens is. Wenners staan altyd voor; verloorders staan agter. Dit min of meer is die goue reël van die lewe. Die lewe het ons nie eintlik voorberei vir mislukking nie. Tog is dit ook ‘n deel van die lewe. Almal misluk, faal, struikel en maak soms droog. Iewers beland ons met ons gesigte in die modder. Middelmatigheid, teenstand en verlore kanse is soms ons bondgenoot. 

 

Dikwels spel groot mislukkings vir baie mense die einde van hulle reis uit. Dan gee hulle boedel op; dan stort alles in duie. Wel, dis gewoon nie waar nie. Op die ou end hang alles af hoe ons ons mislukkings hanteer. Soos wat ‘n wyse gesê het: “Die lewe is ‘n stel trappe. Jy het die keuse of jy boontoe wil klim of ondertoe.”

 

Wag, miskien loop ek die pad te ver vooruit. Dalk moet ons net eers vir mekaar sê wat is sukses. Wel, binne geloofsterme is sukses wanneer ons volspoed op God se pad loop. Sukses is wanneer ons met groot oortuiging kan sê: “Vir my is die lewe Christus! (Filippense 1:21)” Mislukking; wat is dit? Dit is wanneer ons die pad byster raak; verdwaal; koers verloor; droogmaak; faal! Hoe gemaak as ons met name die pad van godsdienstige mislukking bewandel? Hoe gemaak as ons net al hoe skuldiger voel oor al ons geestelike “flops”? Nou ja, dit hang alles af hoe ons dit beskou. Meer korrek gesê: Dit hang af hoe God ons mislukkings beskou! In ‘n neutedop: God spesialiseer graag in oorbegin en in voorbegin. Hy hurk graag langs mense wat geval het. Sondaars en menslike mislukkings is definitief nie op sy afskryf-lys nie. So vertel Dawid in Psalm 37:24. Nooit laat die Here sy mense in modder lê nie. Hy tel hulle elke keer op. Hy loop verder saam wanneer hulle Hom in Christus se Naam om genade smeek. Dis hoe God is. Hou daarom op om so ver te val. Of om in die modder rond te lê. Land ‘n slag in God se sterk arms. Hy verander jou mislukking in nog ’n opstaan-sukses!

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

November 15, 2019

November 12, 2019

November 6, 2019

November 5, 2019

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload

© 2019 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: