Dien kos altyd meer, maar dis die regte roete
top of page

Dien kos altyd meer, maar dis die regte roete


As jy die evangelie gesnap het dan betaal jy altyd meer in enige verhouding in as wat jy hieruit onttrek. Anders gesê- jy gee altyd meer van jouself as wat jy ontvang. Sonder hierdie ingesteldheid van Christus gaan mense jouself gedurig teleurstel. Dan gaan jy altyd verhoudings meet aan daardie goor vraag: “what's in it for me?' Wel, op die roete van Christus is daar nie so 'n opsie nie. Hier is die vraag alleen maar hoeveel jy belê in ander, ten spyte van hulle reaksies. Hier is jou 'beloning' nooit ander se gunstige reaksies nie, maar die wete dat jy op God se pad stap waar jy nie langer die sentrum van die aandag is nie. Of dat almal jou op die hande moet dra nie. As jy nie meer groot teenprestasies van mense verwag nie, word jy nie maklik teleurgestel nie. Dan kan mense jou verras. Dan is elke mooi ding wat hulle doen 'n vreugde, en elke teken van dankbaarheid 'n onverdiende hemelse geskenk. Maar dan hou jy nie op om te doen wat reg is as hulle ondankbaar of ongeskik met jou is nie. Want jy volg in die voetspore van Christus wat selfs sy vyande liefhet. Hy is jou enigste telbord, nie ander mense nie.


bottom of page