Moenie bekommer nie. Hy hou jóú vas!
top of page

Moenie bekommer nie. Hy hou jóú vas!


Deur die grootste krisis het U hulle gelei. U het dit op u manier gedoen. En niemand kan uitvind hoe U dit gedoen het nie ... Here, U het u kinders – vir mý – gelei soos ‘n herder sy skape lei. Psalm 77:20b-21a.

Die wonder van ons Vader-God is dat, wanneer ons sy hand los, Hy ons juis meer as ooit vashou!:

  • As daar dus dae in jou lewe is wanneer jy wonder waarom Hy toelaat dat jou hart so seerkry, weet dan: God is nie die Een wat pyn in ons lewens bring nie, maar Hy’s altyd dié Een wat ons nooit sal verlaat en nooit in die steek sal laat nie.

  • As jy soms twyfel aan jou Skepper se bestaan en wonder of die ateïste en nie-gelowiges nie ‘n punt beet het as hulle sy bestaan ontken nie, vind dan jou rus in die Woord wat jou weer die Waarheid aan jou sal openbaar.

  • As daar dae is wanneer dit voel of jy maar net nie kan bid nie, vra dan die Gees om vir jou te bid ... Hy doen dit reeds.

  • As daar vrae in jou hart is wat onbeantwoord bly en dinge is waaroor jy wonder, weet dan: Jou Here verstaan. Soms sal Hy jou antwoord, maar daar sal ook altyd onbeantwoorde vrae bly ... ons sien mos nou nog net ten dele. (1 Kor 13)

Geloof gaan juis nié oor klinkklare antwoorde, oplossings en ‘n sorgvrye lewe nie. Want geloof is gelóóf.

Bid asseblief vir myselfs al vra ek U nie, Heilige Gees.


bottom of page