Toilettaal pas nie by Jesus se mense nie
top of page

Toilettaal pas nie by Jesus se mense nie


Toilettaal noem ek dit - daardie kru, platvloerse taal wat deesdae uit party mense se monde stroom. En dan praat ek nie net van vloekwoorde nie. Afbrekende opmerkings en beledigende woorde is omtrent die in-ding. Baar taal wemel op sosiale media, maar ook op pawiljoene, langs braaivleisvure en by die werk. Party mense put blykbaar een of ander vreemde behae daaruit om so platvloers en grof as moontlik te wees. Of om elke tweede sin met ’n vloekwoord in te lei. Ons as navolgers van die Here word altyd tot ’n hoër standaard as dit opgeroep. Die Here wil hê ons taal moet boumateriaal wees, nie aanvalswapens nie. Terwyl ander mekaar verrinneweer met hulle taal, is ons woorde genesend. Terwyl mense harde woorde op mekaar loslaat, laai ons genesende taal op ons lippe wat herstel bring (Spreuke 12:18). Ons sagte woorde laat woede bedaar (Spreuke 15:1). Ons skinder-vrye monde laat ander mense veilig voel in ons omgewing. Die Here se genade, waarvan ons harte vol is, loop gedurig oor op ons lippe. Ons laat graag hart-taal los in ’n hartelose wêreld. Ons praat God se genade gedurig in ’n genadelose wêreld in.


bottom of page