top of page
deur Ashe Steenbok

All Blacks


Dus die middag 23 Maart 1993 en ek is op pad huis toe vanaf die skool. Party dae het ek sommer gestap want die fietsry was nie altyd ‘cool’ nie. Ten minste kon ek en my ‘sjommas’ langs die pad warm aartappelskuifies koop en dit lekker saam deel. Toe ek tuis kom, sien ek my pa sit op sy hurke by die bed. Hy seker maar net weer siek. Dit is darem snaaks hoe ‘n mense gewoond kan raak aan pyn en siekte. Dit is snaaks hoe ‘n mens gewoond kan raak aan probleme dat dit deel word van jou lewe en dat jy aanvaar dit moet so gaan. Pastor Steven Furtick sê altyd, “have you gotten so familiar with your problems that you no longer see your potential?” en dit is presies wat hierdie middag gebeur het. Ek het so gewoond geraak dat my pa siek is dat ek dit al ‘n aanvaarbare situasie geraak het.

Verloor kan dus ‘n mentaliteit word wat jy begin aanvaar in jou lewe… net soos wen. Die beste rugby wedstryd wat ek nog ooit in my lewe gesien het was verlede Saterdag 26 Augustus toe die All Blacks teen Australia gespeel het. Die ‘Wallabies’ was op die dag die beste span, maar die All Blacks het ‘n kultuur van wen. Hulle ken nie verloor nie en daarom het hulle Saterdag gewen omdat hulle gewoond is daaraan. Om te verloor en om te wen raak dus ‘n gewoonte en so is dit ook in die lewe. Partykeer verloor ‘n mens so baie keer dat jy later begin dink dit is hoe dit moet wees. My pa was so baie siek in die pastorie dat ek gewoond daaraan geraak het, dat dit so moet wees en so het ek daardie middag na skool net verby gestap terwyl my pa sukkel om asem te haal. Om sy knieë langs die bed… sy hart het begin ingee. Die volgende middag is hy hospital toe. Min te wéét dit sal die laaste keer wees wat hy by die huis is.

Dawid het ‘n gewoond geraak daaraan om te wen… saam met God. Hy was gewoond daaraan om te wen teen die wilde diere wat sy skape wou verslind. Dit is juis hoekom hy kans gesien het vir Goliat (1 Samuel 17). Ek ‘preek’ nie nou ‘n ‘prosperity’ boodskap dat God jou altyd sal laat wen nie, want partykeer is verloor by God ook ‘n wen; kyk maar na die kruis. Wat ek wel sê is, ‘n mens moet pasop vir die kultuur of gewoonte van verloor. Dat jy later so in ‘n groef beland dat jy dink dit is hoe dit moet wees. Party Christene is vasgehaak by die kruis, hulle het nooit aanbeweeg na die opstanding en uitstorting van die Heilige Gees nie.

Pasop vir ‘n gewoonte van verloor…


bottom of page