Die seisoene van jou geloof
top of page

Die seisoene van jou geloof


Ek het die saad van die evangelie in julle harte geplant en Apollos het dit nat gehou, maar dit was God wat gesorg het dat daardie saad groei. 1 Korintiërs 3:6

Miskien voel jy soms so bietjie verward en selfs skuldig oor jou eie geloofspad. Of dan nou: jou ongeloof. Die waarheid is dat alle gelowiges dwarsdeur hul lewe verskillende seisoene van geloof beleef:

  1. In die begin van ons geloofspad gaan ons deur die lentefase waarin geloof vir ons eintlik baie eenvoudig is en ons spontaan sê: “Ek is dankbaar om U te ken, Here”.

  2. Hierna begin ons geloofsplant vertak en groei en begin ons oor baie meer dinge dink. In hierdie somer-fase uiter ons gereeld woorde soos: “Ek is jammer, Here.” “Help my asseblief.”

  3. Maar dan gaan ons ook deur herfstye wanneer ons geloofsplant oënskynlik kwyn en dit lyk asof ons geloosblare begin afval. Dis die tye wanneer ons uitroep: “Nee, Here!”; “Waarom Here?”; “Wanneer?”

  4. Met die leiding van die Gees bereik ons egter na herfs die winterfase. Dis die harmonietydperk waarin ons ’n dieper en nederiger geloof ontwikkel en ons maar net – soms onder antwoorde – in stilte by God wil sit en na Hom luister. Dis in hierdie laaste fase waar ons besef, soos Brian McLaren sê: die doel van geloof was nooit die eindbestemming nie. Dis die reis wat saakmaak.

Mag jy, ondanks die seisoen van jou geloof, maar net altyd weer uitroep: Hier is ek Here, help my glo.

Ja, Here, help my glo!


bottom of page