Glo jy nog wat jy glo?
top of page

Glo jy nog wat jy glo?


Daar het Paulus van vroegoggend tot laataand met hulle oor God se koninkryk gepraat …Party van die Jode is deur Paulus se woorde oortuig, maar ander het geweier om te glo wat hy sê.

Soms ruk iemand se ongeloof ons. Soos die briefskrywer nou die dag in die koerant wat ruiterlik erken dat hy al die jare ’n aktiewe kerklidmaat was, maar op ’n dag eenvoudig uit die kerk gestap het … omdat hy nie meer oortuig was van die dinge wat hy van kindsbeen af geleer en al die jare geglo het nie. Dalk voel jy self soms so? So half ontredder deur die kerkdinge en geloofsake, so half dobberend op die see.

Menige gelowige het al soms by die punt van Glo-ek-’n-nog-wat-ek-glo gekom. En hierdie twyfelpunt kan ’n klomp oorsake hê soos ander ongelowiges se opmerkings, kerkmense wat mens teleurstel of net die feit dat mens anders oor dinge begin dink. Die vraag is: wat maak ons met ander en ons eie geloofsonsekerhede? Verwyt, verwerp en veroordeel ons? Of … hanteer ons dit met liefde? En gebed? Met ‘n oorgegewe afhanklikheid?

Miskien lê die antwoord daarin dat ons maar net bid: Here, soms sukkel ons om te glo. Selfs al het ons voorheen. Help ons om weer u waarheid te verstaan of dalk juis nié te verstaan nie, maar steeds onwankelbaar aan U vas te hou. Help ons glo, Vader.

O Vader kom ons mensdom se ongeloof te hulp. Ja, gee ons die gawe van geloof. Weer en weer en weer.


bottom of page