“Carpe diem” en “carpe manana” in God se Naam
top of page

“Carpe diem” en “carpe manana” in God se Naam


Hulle sê die lewensverwagting van Westerlinge is tans rondom 70 jaar. Dit is ongeveer 25,550 dae. Hoeveel hiervan het jyself al agter die blad? Doen gou ’n sommetjie. Hoeveel lewensdae het jy regtig “ge-carpe diem” of gegryp? Bedoelende, hoeveel dae se murg het jy behoorlik uit die pype geleef? Hoeveel dae van jou lewe het jy God se hart regtig bly gemaak omdat jy naby aan Hom geloop het? Hoe gereeld het jy ander mense tot seën gewees? Hoeveel van jou opgeleefde lewensdae het egter weggesink in die dryfsand van vermorsing? Wel, dis nog nie te laat om iets hieraan te doen nie. Jy het minstens nog vandag oor, en dalk nog ’n paar anderkant vandag se horison. Vandag as jy die Here stem hoor, mag jy nie doof wees nie. Gee vandag om vir iemand. Dra ’n las vir iemand anders. Deel Jesus se Goeie Nuus met nog iemand. Dan is vandag minstens ’n reg-gebruikte dag. Dan is dit ’n dag wat reg registreer in die ewige dagboek van God. Dan kan jy ook begin “carpe manana.” Dan kan jy jou oog sommer ook op môre rig en dit vandag reeds gryp tot eer van die Heer.


bottom of page