God se wil sessie 7: Wees vrygewig [video]
top of page

God se wil sessie 7: Wees vrygewig [video]


God se huisreëls:

5. Wees vrygewig.

Broers, ons wil hê julle moet weet van die genade wat die gemeentes in Masedonië van God ontvang het. Al was hulle swaar beproef deur verdrukking, hulle blydskap was oorvloedig; en al was hulle baie arm, hulle was ryk in hulle oorvloedige vrygewigheid. Ek verseker julle hulle het na vermoë, ja, bo vermoë, bygedra. Uit eie beweging het hulle by ons daarop aangedring om te mag deel in die liefdeswerk van hulpverlening aan die gelowiges in Judea. Dit was meer as wat ons verwag het, want eers het hulle hulleself aan die Here gegee en toe aan ons. Dit is soos God dit wil. 2 Korintiërs 8:1–5

Kerk in die algemeen was nog baie selde ’n vrygewige plek. Vrygewigheid is nie om bloot jou dankoffer te gee nie. Dis ’n totale hartsgesindheid wat van Jesus Christus se vrygewigheid aan die kruis af kom. Dink aan Markus 12: 41–44 toe die arm weduwee haar enigste twee muntstukke in die offergawekis gegooi het.

Hy het sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “Dit verseker Ek julle: Hierdie arm weduwee het meer ingegooi as al die ander mense wat iets in die offergawekis gegooi het.“ Markus 12:43

Dink ook aan Markus 14: 3–10 waar die vrou eenhonderd silwermuntstukke (een en ’n halwe jaar se inkomste vir ’n dagloner) se reukolie oor Jesus uitgegooi het! Dis die soort van vrygewigheid wat saam met die evangelie gaan. Indien jy een tiende van jou inkomste as dankoffer gee, dan het jy nog net nie van die Here gesteel nie, maar jy is lank nog nie vrygewig nie.


bottom of page