Leier Nuusbrief Augustus 2017 | Deel 2

August 23, 2017

Die fundamentele geleentheid van leierskap

 

Die maklikste ding wat leiers doen, is om dinge gedoen te kry. Die moeilike deel is die mense. Leiers is ondoeltreffend as al wat hulle regkry, is om dinge gedoen te kry.

 

Leiers fokus op mense terwyl hulle dinge gedoen kry. Die grootste geleentheid vir leiers is om ander leiers te ontwikkel. As jy nie dinge gedoen kry nie, sal jy nie baie lank ‘n leier bly nie.

 

Leiers bevorder die welstand van ander. Jy verkry die reg om te lei as jy die welstand van ander bevorder. Dit is maar net die eerste vlak van leierskap. Daar is drie vlakke van leierskap:

 

Vlak 1: Bevorder die welstand van ander.

Vlak 2: Beïnvloed ander om die welstand van ander te bevorder.

Vlak 3:  Beïnvloed ander wat ander beïnvloed om die welstand van ander te bevorder.

 

Hoe dien ons ander wat ander mense dien:

  1. Versterk verhoudings.

  2.  Verduidelik wat goed is. Mense moet weet wat goed is as hulle dit moet bevorder.

  3. Erken diens.

  4. Erken nederigheid.

  5. Wys entoesiasme meer as kritiek vir ander.

  6. Vier openheid.

  7.  Hanteer moeilike sake openlik – met deernis.

 

Jy moet jouself sewe vrae vra wat leierskap in ander bevorder:

  1. As jy vandag ‘n voorbeeld van nederigheid moet wys, wat sal jy doen?

  2. Hoe kan jy ander help om verhoudings te bou en te versterk?

  3. Hoe kan ek vandag die welstand van ander bevorder?

  4. Wie sal jy vandag kan erken?

  5.  Hoe kan ek die voorstelle en idees van ander oopmaak?

  6.  Hoe kan ek vandag entoesiasme aan ander oordra?

  7.  Hoe sal jy emosies erken en terselfdertyd moeilike sake hanteer?

 

Hoe kan leiers op mense fokus en terselfdertyd dinge gedoen kry?

 

Christene moenie kompromieë aangaan om saam te bestaan nie

 

Mense glo dat alle mense van alle godsdienste en diegene sonder enige godsdiens moet saam bestaan. Christene kan hiermee saamstem, maar gekwalifiseerd. Maar mense verwag meer as dat almal in Harmonie moet saamleef. Wat mense verwag is dat ons moet aanvaar dat alle godsdienste ewe reg is; alle godsdienste wys na dieselfde god. Hier moet Christene die streep trek.

 

As dit by die fundamentele oortuigings en leer van die verskillende godsdienste kom, is daar groot verskille- selfs teenstrydighede tussen godsdienste. Die Christelike en Joodse godsdienste en Islam leer dat daar net een God is; die Boeddhiste glo dat daar baie gode is en die Hindoeïsme glo dat daar drie belangrike gode – Brahma, Vishnu en Shiva - is. Elke godsdiens se onderrig kom uit verskillende bronne. Christene gebruik die Bybel; Judaïsme gebruik net die Ou Testament; Islam gebruik die Koran. Die stigter van elke godsdiens het iets verskillend geleer. Die siening van die lewe na die dood verskil van godsdiens na godsdiens. Sommige het natuurlik dinge in gemeen, maar elkeen het ook sy eie unieke dinge.

 

Die Christelike godsdiens maak sekere spesifieke en eksklusiewe aansprake. Jesus het gesê: Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie (Johannes 14:6). Deur dit te sê sluit Jesus alle ander paaie uit. Petrus sê basies dieselfde: Hy bring die verlossing en niemand anders nie daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil hê dat ons verlos moet word nie (Handelinge 4:12).

 

Christene maak spesifieke aansprake wat ander godsdienste uitsluit. Dit beteken nie die Christelike godsdiens het niks in gemeen met ander godsdienste nie. Christene moet langs ander in hulle gemeenskappe werk. Christene moet saam met ander bestaan. Hulle doen dit deur in algemene take saam met ander te werk. – insluitend die verligting van armoede. Christene moet versigtig wees om te verseker wat die Bybel sê in hierdie wêreld oorleef. Ons word deur Jesus, Paulus en ander waarsku dat hierdie lewe nie ons grootste liefde moet wees nie. Moenie die wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie. Moenie die sondige wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie. As iemand die wêreld lief het, is die Vader se liefde nie in hom nie. Die wêreldse dinge – alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit – kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld en die wêreld met sy verleidelike dinge gaan verby, maar   wie die wil van God doen, bly ewig lewe (1 Johannes 2:15 – 17).

 

Toe Jesus sy dissipels uitgestuur het, het Hy hulle gewaarsku: onthou. Ek stuur julle soos skape tussen wolwe in. Wees dus versigtig soos slange en opreg soos duiwe (Matteus 10:16).  Jesus was bewus van die gevare wat hulle sou teëkom insluitend vals godsdienste. En vyande van die evangelie. Die Christen word geroep om saam in die wêreld te bestaan, maar nie soos die wêreld voorskryf nie. Die Christen mag nooit kompromieë oor sy geloof aangaan nie: Pasop dat niemand julle van Hom af wegvoer deur teorieë en argumente wat misleidend is nie. Dit is die dinge wat berus op die oorlewering van mense, op wettiese godsdienstige reëls en nie op Christus nie. (Kolossense 2:8). Christene, deur hulle lewens en getuienisse moet vasstaan in die waarheid van hulle geloof.

 

Die pyn van verwerping

 

Verwerping. Die woord klink dreigend. Dit kan die gevolg van 'n konflik wees met iemand wat nie van jou hou of jou ondersteun nie. Soms is dit meer subtiel: iemand verlaat die gemeente, want hulle word nie gevoed nie. Maak nie saak wat die oorsaak is nie – dit maak seer. Hoe kan ons die pyn van verwerping hanteer?

 

1. Besef dat jy nie gesondig het omdat jy seerkry nie.

Ons brein registreer pyn primêr in twee gebiede - sosiale verwerping registreer op dieselfde plekke. Daarom maak verwerping fisies seer dit is 'n outomatiese reaksie wat God in ons brein geplant het. As jy sleg voel na verwerping beteken dit nie dat jy ‘’n swak leier is of sonde gedoen het nie.

 

2.  As jy verwerp word, erken die pyn wat jy voel.

Moenie dit ignoreer nie. “Grootmense huil nie,” impliseer dat mans nie moet toelaat dat hulle emosies wys nie. Hierdie is selfvernietigend. As ons ons emosies onderdruk, maak dit ons pynlike emosies intern meer intens. As ons ons pynlike emosies erken, verminder ons hulle intensiteit.

 

3.  Skryf jou gevoelens neer.

As ek verwerp voel moet ek my gevoelens neerskryf. Dit verwyder die angel uit hulle uit. Dit help ook om jou gevoelens met ander te deel. Kry ‘n goeie, veilige vriend om mee te praat as jy voel jy is verwerp.

 

4. Moenie jou identiteit baseer op jou vermoë om 100% van die mense 100% van die tyd gelukkig te maak nie.

Dit is ‘n versoeking waarvoor elke leier te staan kom. Probeer jy dit sal dit jou doodmaak. Natuurlik wil ons nie doelbewus mense ontstel nie. Sommige mense sal nooit tevrede wees, maak nie saak wat jy doen nie. Jesus het nie almal tevrede gestel nie; Hieroor het baie van sy dissipels omgedraai huis toe en nie meer saam met Hom gegaan nie (Johannes 6:66).

 

5. Moenie die pyn vererger deur die “verwerper” te verwerp nie.

Dit is ‘n groot versoeking. Doen ons dit vererger ons net ons pyn.  Volg eerder Jesus se voorbeeld:  Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe HY gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel (1 Petrus 2:23).

 

6. Staan terug om perspektief te kry.

As verwerping seermaak, kan dit ons perspektief bemoeilik, ons kan maklik voel dat baie ander mense ons ook verwerp. Onthou: verwerping deur ‘n enkele persoon is net dit ... ‘n verwerping deur ‘n enkele persoon. Dit weerspieël selde die sienings van ander. Moenie dinge buite verband opblaas nie.

 

7. As dit ‘n ernstige verwerping is, kry professionele hulp.

Soms is die verwerping so erg dat ons dit nie op ons eie kan hanteer nie. Jy mag professionele hulp nodig hê.  Moenie skaam wees om professionele hulp te vra nie.

 

Soms verduur ons eerder fisiese as sosiale pyn. Ons brein funksioneer so dat hy maklik emosionele pyn soos verwerping in die verlede onthou, maar nie fisies pyn uit die verlede nie. Verwerping het potensieel langtermyn gevolge moenie verwerping sommer ignoreer nie. Hanteer dit.

 

Veroudering

 

Die wêreld se bevolking, ouer as 65 jaar het van 5% in 1950 tot 8% vandag gegroei. In Groot Brittanje was daar 17 mense 100 jaar en ouer in 1917. Vandag is daar 15 000.

 

Wat moet ons hieromtrent doen?

 

Daar gaan waarskynlik aanpassings in die aftree-ouderdom kom. Sewentig vandag is 50 in 1950. Gebruik die energie wat jy het. Sewentig is nie vandag ‘n teken om stil te sit nie – jy kan nog baie doen. Gemeentes moet meer aandag aan hulle senior burgers gee – hulle word al hoe meer. Net omdat ‘n persoon 70 jaar oud is, beteken nie dat hy/sy nie nog ‘n groot bydrae in die gemeente kan lewer nie.

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

February 27, 2020

February 26, 2020

February 25, 2020

February 21, 2020

February 19, 2020

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload

© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: