Thrive [resensie]
top of page

Thrive [resensie]


Sheri Rose Shepherd. Thrive: A journaling devotional Bible for women. Tyndale. 2016

Die Bybel is nie meer wat dit altyd was nie. As kind was dit ‘n boek met ‘n swart hardeband en in goue letters die aanduiding dat dit die Bybel is. Die enigste wat bygevoeg is, was kaarte van antieke streke. Vandag het die Bybel een van die interessantste boeke geword wat in tientalle formate gedruk word. En hier is een van die mooistes.

‘n New Living Translation-weergawe gerig aan vroue en in ‘n formaat wat enige vrou opgewonde sal maak. Die Bybel het 365 bemoedigende dagstukkies wat jou uitdaag en optel saam met 365 gefokusde gebede wat daagliks gebruik kan word. Elke Bybelse boek het ‘n uitstekende inleiding want jy het ook die volledige teks van die Bybel hierin. Daar is 50 skatte van waarheid, 31 profiele van belangrike vrouefigure en dan die bonus: op elke bladsy ekstra-wyse kantlyne met lyntjies sodat jy jou joernaal in die teks kan hou.

Jy lees die Bybel elke dag saam met jou dagstukkie en binne ‘n jaar lees jy die Bybel deur. Jou dagstukkie hou verband met wat jy lees.

En soos jy lees, teken jy aan watter insigte by jou opkom en watter waarhede onder jou aandag kom. Jou joernaal kan ook jou voornemens beskryf wat jy vorm wanneer jy biddend nadink oor wat die Gees van die Here aan jou openbaar. En op dié manier word jou Bybel ‘n integrale deel van jou dag.

Dit is ook ‘n mooi boek wat in ‘n paperkassie verpak is, mooi gedruk en uitstekend versorg met kwaliteit papier en die mooiste kleur drukwerk. Die kuns wat hier ingegaan het, is ongelooflik.

Die redakteur is ‘n bekende skrywer en sy som haar werk in dié Bybel so op:

There is no battle in this world than can keep you from thriving in Christ when you put your trust in Him. If your heart longs to be free, I would be honored if you would allow me to take you through a one-year journey of faith, freedom, and thriving in Christ. Together we will look to God’s Word to work through the many battles we women face every day. Together, in God’s power, we can and will walk in the freedom our Savior gave His life us to have!

Ek het die idee dat sy reg is. As jy belang stel om te floreer in jou geestelike lewe kan hierdie Bybel daadwerklik ‘n bydrae daartoe lewer.


bottom of page