God se wil sessie 4: Vat teenstand! [video]
top of page

God se wil sessie 4: Vat teenstand! [video]


Inleidende opmerkings: God se wil is ’n wye speelveld.

2. Vat teenstand.

In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God. Sorg dat julle gewete skoon bly, sodat dié wat julle oor julle goeie lewenswandel in Christus belaster, daaroor skaam kan kry dat hulle kwaad van julle gepraat het. As dit die wil van God mag wees dat julle moet ly wanneer julle goed doen, is dit beter só as om te ly wanneer julle kwaad doen. – 1 Petrus 3:15-17

Om ’n Jesus-volgeling te wees, beteken nie altyd om die geur van die week of die smaak van die maand te wees nie. Die evangelie wek soms weerstand by ander mense. Dit alles beteken nie dat ek moet gaan moeilikheid soek nie: moeilikheid ken jou naam en adres. Ek gaan egter moeilikheid optel wanneer ek opstaan vir God se wil. Die evangelie gee natuurlik aanstoot vir sommiges. Ek moet teenstand kan hanteer wanneer ek opstaan teen die onreg in die wêreld. Psalm 146:7–9 – God se vriende is:

- Onderdruktes - Hongeres - Gevangenes - Blindes - Bedruktes - Regverdiges - Vreemdelinge - Weeskinders - Weduwees

Dis beter om te ly wanneer jy goed doen as wanneer jy ly wanneer jy skuldig is.


bottom of page